SuperSport Schools News

Slegs drie nuwe lede op SASRV se bestuur

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-10-27

NewsG GeraldNjengeleSlegs drie nuwe lede tot die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV), se bestuur op die vereniging se jaarvergadering Maandag in Woodstock, Kaapstad verkies. Die drie is Wikus Naude (Generaal Hertzog, Pumas), Anton Smith (Luiperds) en Kervin Grove (St. Joseph Marist College, Western Province) wat onderskeidelik as tesourier en addisionele lede van die laerskole en hoërskole verkies is.

Die vereniging se nuwe voorsitter, Noel Ingle (George Campbell, KwaZulu-Natal), is onbestrede tot die pos verkies. Hy was voorheen onder-voorsitter (hoërskole). 

Katiso Mosioua (Grens) is ook onbestrede tot nuwe onder-voorsitter (hoërskole) verkies in die pos wat vakant deur Ingle se benoeming gelaat is. Hy sou aanvanklik deur die Blou Bulle se voorsitter, Ferdi Niemand (Curro Roodeplaat), teen gestaan gewees het, maar het besluit om homself aan die verkiesing te onttrek. Niemand glo sy skool vereis meer van sy aandag op die oomblik. Mosioua was voorheen ‘n addisionele lid op die bestuur. 

Granville Josephs (SWD) sal Gerald Njengele se skoene as onder-voorsitter (laerskole) moet volstaan. Hy het ook as ‘n addisionele lid op die bestuur gedien. Hendrik Janse van Rensburg (Sunridge Primary, Oostelike Provinsie) is onbestrede vir die volgende twee jaar in sy pos as sekretaris verkies. 

Naudé, wat die Pumas Skolerugby-vereniging se voorsitter is, sal vir die volgende twee jaar die tesourier wees. Naudé gaan sy pos as voorsitter by die Pumas die week verlaat na hy ‘n pos in die Boland by Hugenote in Wellington aanvaar het. Jackie Tredoux (Hoërskool Tuine, Blou Bulle) het voorheen die pos beklee. Tredoux sal ook vanjaar die tuig as voorsitter van die Noordvaal Skolerugby-vereniging neerlê.

Die vereniging het deur sy stemme ook sy vertroue in sy nasionale keurders beklemtoon. Slegs een nuwe keurder Gerald Pyoos (KwaZulu-Natal) sal vir die volgende twee jaar deur die land se voorste talent sif. Hy neem die plek van Dennis Karelse in wat na die nasionale toernooie na Oman geimmigreer het.  

Die bestuur is: 

Voorsitter – Noel Ingle (KwaZulu-Natal). Onder-voorsitters – Katiso Mosioua (Grens – hoërskole), Granville Josephs (SWD – laerskole). Sekretaris – Hendrik Janse van Rensburg (Oostelike Provinsie). Tesourier: Wikus Naudé (Pumas). Addisionele lede – Gerrit Rudolph (SWD), Kervin Grove (WP), José O’Brien (Vrystaat), Anton Smith (Luiperds), Josua du Plessis (Leeus). Keurders: Henkie Green (sameroeper), Nollie de Beer (Pumas), Johann Calitz (Leeus), Danie Slabbert (Griekwas), Roelf Meyer (Vrystaat), Gerald Pyoos (KwaZulu-Natal). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.