SuperSport Schools Plus

Skoppende Os moet Griffons se skrum versterk

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-06-20

‘n Skoppende voorryman van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, Corné “Os” Cooper, sal die Griffons se probleme tydens skrumtyd vanaf die plaasvervangersbank moet uitsorteer.

Die Perses se skrumwerk het gelol toe sy twee eerstekeuse stutte, Fanie Vermaak en Lincoln Jordaan, in sy sege van 27-10 teen Griekwas vervang is. Cooper het Maandag soos vir sy skoolspan die Griffons se Akademie-span se stelskopwerk behartig. Hy behoort hom egter nie oor sy skopwerk vir die Cravenweek-span te kwel nie.

Die Perses kom vandag teen sy eweknie van Griekwa-platteland op die jaarlikse Vrystaatse Bondedag op Grey-kollege se hoofveld in Bloemfontein te staan. Die span van die Noord-Vrystaat sal as gunsteling op die veld draf. Hy kan egter nie die span van die ou Noordwes-Kaap onderskat nie.

Die span se Suid-Afrikaanse Skole-flank, Cobus Wiese, en agtsteman, Reinhard Hayes, het albei stewige vertonings Maandag teen die Vrystaat gelewer. Die manne van die Noord-Kaap se heelagter, Benna Nieuwoudt, behoort ook meer spasie deur die Perses gegun te word. Hy behoort dus gevaarliker op die aanval te wees. Sy tweestryd met die Griffons se heelagter, Marco Labuschagné, behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees.

Die Perses se lynstaanwerk sal ook deeglik beproef word, met Griekwa-platteland se spel in die lynstane wat Maandag die meeste van al die spanne beïndruk het.

Die Griffons se afrigter, Kassie Kasselman, wil graag hê sy span moet hulle tempo vir die kragmeting lig. Sy span sal sy tempo nog heelwat moet lig indien hy vir ‘n verrassing in sy eerste wedstryd op vanjaar se 52ste Cravenweek vir hoërskole in Stellenbosch teen sy buurman, die Vrystaat, wil sorg.

Die span se agtsteman, SJ Malherbe, sal vandag die span aanvoer. Die skrumskakel, Jason Olivier, het teen die Poubloues voor uitgedraf. Die span se kaptein vir die Cravenweek sal eers op sy oefenkamp in Odendaalsrus aangewys word.

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.