Secunda se o.16-span bult spiere in Beeld-trofee
In 2011 het ‘n groep seuns saam Graad 8 by HS Secunda begin. Hulle was maar skrikkerig en groot oog vir die hoërskool maar tog kon mens ook die opgewondenheid sien vir die nuwe avontuur in hulle lewe. Hulle het in Februarie 2011 begin saam oefen as ‘n 0/14 rugby span. Daar was ook ‘n nuwe aanstelling by HS Secunda gemaak begin 2011 en die persoon het toe sommer ook hulle rugby afrigter geword.
Mnr Andries Labuschagne was nuut by die skool en so ook die seuns. Hy het die spannetjie begin afrig saam met Mnr Attie Rudolph wat reeds baie jare by HS Secunda was. Min mense sou toe al kon dink en besef wat se sukses kombinasie hierdie sou wees in jare vorentoe. Die span het die naam “Killers” aan geneem na aanleiding van die bybel verhaal van Dawid en Goliat en hulle motivering kom van die bybel vers 1 Sameul 17:45.
In 2011 wen die span die Pukke 16 reeks en die Hoëveld skole rugby liga Hulle wen ook die Pumas finaal teen HS Rob Ferreira met ‘n telling van 20-7. Hulle verloor egter toe in die Beeld se kwart eindstryd teen HS Ben Vorster op Tzaneen. Hulle speel 16 wedstryde in 2011 waarvan hulle 14 wen.
Baie mense het gewaarsku en gesê dat spanne baie keer goed doen saam die 1e jaar en daarna behaal hulle nie weer sukses nie aan gesien ander skole weet van jou en hulle huiswerk doen asook oor seuns ontwikkel en spanne baie keer verswak of versterk dan.
Die Killers gaan egter voort in 2012 en wen die Laeveld skole rugby liga (HS Secunda was ingedeel by Laeveld skole) asook die Spur reeks (Gauteng skole neem hier aan deel). Hulle wen ook die Pumas finaal teen HS Volksrust met ‘n telling van 24-18. Hulle verhang die bordjies van die vorige jaar en wen vir HS Ben Vorster in die Beeld kwart eindstryd op Secunda. Hulle val egter vas in die Beeld se semi finaal teen HS Klerksdorp. Hulle speel 18 wedstryde in 2012 waarvan hulle 16 wen.
Die afgelope Saterdag het die 2013 Pumas groot skole rugby finale plaas gevind op Ermelo by Ligbron se velde. HS Secunda se 0/16 rugby span het steeds nie teleurgestel in 2013 nie. Hulle wen die Hoëveld rugby liga en speel die 3e jaar in ‘n ry in die Pumas finaal. Hulle opponente was weer HS Volksrust gewees. Hierdie twee spanne se seuns ken mekaar nou al baie goed aangesien baie hulle vanjaar betrokke was by die verskeie 0/16 Pumas spanne asook by die jaarlikse bokkies week. Mnr Andries Labuschagne was dan ook betrokke as afrigter by beide die Pumas 0/16 rugby span. Nie minder nie as 10 van HS Secunda se 0/16 span seuns was vanjaar gekies vir of die Pumas of die bokkies week.
Voorwaar ‘n skitter prestasie saam die afrigter.
Wat Saterdag se eindstryd nog meer merkwaardig gemaak het was die feit dat dit die “Killers” se 50e wedstryd saam as span was. Hierdie span het baie min nog verander oor die afgelope 3 jaar en die seuns, afrigters en span bestuur het basies dieselfde gebly. Die wind het Saterdag baie sterk gewaai op Ermelo en mens het besef dat dit ‘n groot faktor gaan wees in die wedstryd. Secunda het eerste teen die wind gespeel wat dwars oor die veld gewaai het. Volksrust het eerste punte aangeteken toe hulle 0/16 Pumas losskakel SW van Wyk ‘n lang strafskop poging mee geslaag het in die wind. Secunda moes daarna vir ruk lank speel met net 14 manne op die veld nadat een van hulle voorspelers met ‘n geel kaart gestraf is vir ‘n laat gevaarlike duik slag.
Volksrust kon egter dit nie uitbuit nie en Secunda se Eddie Durrheim het die eerste drie van die wedstryd gedruk. Doelskop was mis en telling was 5-3 vir Secunda. In die laaste oomblikke van die 1e helfte het Volksrust met ‘n goeie agterlyn beweging vorendag gekom en hulle linker vleuel Riekert Botha het gaan druk.
Doelskop was mis gewees en die rustyd telling was 8 – 5 in Volksrust se guns gewees. Secunda het in die 2e helfte met die wind van skuins agter af skitter rugby gespeel en verskeie bewegings is net kort van Volksrust se doel lyn gestop. Secunda se tweede drie is gedruk deur Surprise Nkambule. Doel skop was mis en telling was 10 – 8 in Secunda se guns gewees.
Die spyker in Volksrust se doods kis was egter ‘n briljante individuele poging van Secunda se binne senter Christiaan Naudé. Hy het die bal ontvang omtrent op die middel lyn en met ‘n groot vaart versnelling die buite gaping gevat tussen 2 Volksrust spelers deur. Daarna het hy nog 2 verdedigers van Volksrust in die lug laat gryp met ongelooflike voet werk en spoed. Hy het die bal onder die pale gedruk en die doel skop was oor. Skielik was Secunda 17-8 voor wat veroorsaak het dat Volksrust 2 keer sou moes punte aan teken vir ‘n wen.
Mens kon sien die druk was groot op hulle en hulle het met elke moontlike bal probeer hardloop, al was dit van diep binne hulle eie gebied af. Hierdie taktiek het nie gewerk nie en Secunda se verdediging was dodelik.
Secunda wen die Pumas groot skole finaal met 17-8 en word vir die derde jaar in ‘n ry gekroon as Pumas kampioene. Hulle speel so vêr 16 wedstryde in 2013 waarvan hulle 15 gewen het. In totaal het die span nou reeds 50 wedstryde saam gespeel waarvan 45 gewen is.
Met die wen dring Secunda deur na die kwart eind van die Beeld trofee. Hulle speel op 3 Augustus tuis teen die wenner van komende Saterdag se stryd tussen HS Overkruin en HS Frikkie Meyer. Volksrust kom komende Saterdag te staan teen Oos-Moot om te kyk watter een van die twee spanne ook kan kwalifiseer vir die Beeld kwarteindstryde.
Pumas groot skool finale:
0/14: Ligbron 15; Lydenburg 10
0/15: Ligbron 14; Hoogenhout 10
0/16: Secunda 17; Volksrust 8
1e span: Ermelo 21; Piet Retief 20