Secunda bult spiere in Pumas se Grootskole-liga

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Secunda het vir die tweede agtereenvolgende Saterdag ‘n oortuigende sege in die Pumas se Grootskole-liga om die Virsekerbeker behaal.
Secunda het 11 drieë en ‘n strafdrie in sy oorwinning van 76-26 oor Bergvlam van Nelspruit ingeryg. Die span se losskakel, Larnus Steyn, het sewe van sy span se drieë verdoel.
Hoogenhout van Bethal het in sy jaarlikse FNB Classic Clash teen die Hoërskool Ermelo met 59-29 die septer geswaai. Hoogenhout se losskakel, DC Saaiman, het 19 van sy span se punte in die belangrike oorwinning aangeteken. Hy het een van sy span se 12 drieë afgerond en ook sewe doelskoppe oorgeklits.
HTS Witbank was Vrydag met 15-10 oor Lydenburg baas, terwyl Ligbron Akademie vir Standerton met 38-15 verslaan het. Standerton se losskakel, Lunga Mathebula, het al sy span se punte met vyf strafdoele aangeteken.
Piet Retief het vir Generaal Hertzog van Witbank met 22-10 geklop.
Die kampioen van die Pukke Prestige-reeks, die Hoërskool Lichtenburg, het Saterdag in sy jaarlikse FNB Classic Clash teen die Hoërskool Klerksdorp gewys dat hy vanjaar die vroeë gunsteling is om as Luiperds-kampioen die Virsekerbeker te betree.
Die Liggies het vir Klerksdorp naelskraaps met 25-22 getroef. Teen rustyd was daar met die telling op 15-elk niks tussen die twee spanne te kies nie.
Wesvalia van Klerksdorp het ‘n goeie sege van 22-14 oor Potchefstroom Volkskool behaal. Al Volkies se punte is deur sy losskakel, Hanru van Rooyen, aangeteken.
Potchefstroom Gimnasium het vir Wesvalia vroeër in die week met 21-17 geklop na die wedstryd weens verlede Saterdag se hewige reën uitgestel is.
Oos-Moot sal nie vanjaar sommer in die Blou Bulle se Grootskole-liga geklop word nie. Die span het die naweek vir die Hoërskool Tuine met 34-6 verslaan.
Dit was weer sy skitterende binnesenter, Edmund Ludick, wat die meeste van die skade aangerig het. Hy het twee van sy span se vier drieë gedruk, al vier drieë verdoel en ook twee strafdoele tussen deur die pale gejaag.
Midstream College, wat waarskynlik die manne van Oos-Moot se grootste teenstand in vanjaar se liga is, het Pretoria-Noord met 27-5 geklop. Die Wilgers het vir Overkruin met 64-3 afgeransel.
In die grootste Afrikaanse-derby in Johannesburg het Linden sy oorhand oor Randburg behou deur met 20-17 as oorwinnaars van die FNB Classic Clash van die veld te stap. Hoërskool Alberton het in die Alberton-derby vir Dinamika met 34-7 kaf gedraf. Riebeeckrand het in Randfontein vir Jan Viljoen met 22-15 getroef.
Dr. Malan se Wiets Neethling het ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 46-0 oor Heidelberg Volkskool in die Valke-liga behaal. Hans Moore van Benoni het vir Oosterlig met 32-6 die loef afgesteek.
Al die Virsekerbeker Grootskole uitslae:
BLOU BULLE
Oos-Moot 34 – Drieë: Edmund Ludick (2), Julian Kokt, Jaco Kruger. Doelskoppe: Ludick (4). Strafdoele: Ludick (2). Hoërskool Tuine 6.
Midstream College 27 – Drieë: Reinhardt Smit, Minderd Spoelstra, Heinrich Botha. Doelskoppe: Charl Niemand (3). Strafdoele: Niemand (2). Pretoria-Noord 5 – Drie: Tiaan de Jager.
Ander spanne:
Eerstespanne: Die Wilgers 64, Overkruin 3.
o.16: Oos-Moot 55, Tuine 0; Pretoria-Noord 52, Midstream College 24; Overkruin 46, Die Wilgers 10.
o.15: Oos-Moot 19, Tuine 18; Midstream College 26, Pretoria-Noord 22.
o.14: Oos-Moot 34, Tuine 7; Midstream College 31, Pretoria-Noord 12.
GOUE LEEUS
Hoërskool Alberton 34 – Drieë: Jonathan Potgieter (2), Kalie Grung, Sfundo Nkosi, Jonathan Vermeulen. Doelskoppe: Ruan Muller (2), PJ van der Merwe. Strafdoel: Muller. Dinamika 7.
Ander spanne:
Eerstespanne: Linden 20, Randburg 14; Riebeeckrand 22, Jan Viljoen 15.
o.16: Randburg 22, Linden 17; Dinamika 31, Alberton 5.
o.15: Randburg 10, Linden 5; Alberton 42, Dinamika 5.
o.14: Linden 26, Randburg 19; Alberton 33, Dinamika 19.
LIMPOPO
HTS Tom Naude 22 – Drieë: Regardt Williams, Kamogelo Matloa, Hanno Fourie. Doelskoppe: Williams (2). Strafdoel: Williams. Ellisras 28.
Ander spanne:
o.16: Tom Naude 26, Ellisras 0.
o.15: Ellisras 43, Tom Naude 0.
o.14: Ellisras 22, Tom Naude 12.
LUIPERDS
Wesvalia 22 – Drieë: Herman van Staden, Kruger Langenhoven, Ruan van den Heever. Doelskoppe: Gideon Steyn (2). Strafdoel: Steyn. Potchefstroom Volkskool 14 – Drie: Hanru van Rooyen. Strafdoele: Van Rooyen (3).
Lichtenburg 25 (15) – Drieë: Bertru Jones (2), Donovan Serfontein (2), Thomas Bevon. Hoërskool Klerksdorp 22 (15) – Drieë: Phillip Kruger, Dirkie Kotze, Donovan Ivens. Doelskoppe: Michael Venter (2). Skepdoel: Venter.
Ander spanne:
o.16: Potch Volkies 34, Wesvalia 13; Klerksdorp 31, Lichtenburg 13.
o.15: Wesvalia 66, Potch Volkies 0; Klerksdorp 18, Lichtenburg 10.
o.14: Wesvalia 22, Potch Volkies 15; Lichtenburg 10, Klerksdorp 5.
PUMAS
Secunda 76 – Drieë: Jandre Matthee (2), Jandre Stander (2), Cobus Prinsloo, Evan Prinsloo, Sive Velleman, Renaldo Alberts, Nathan Carstens, Dwayne Binneman, Danny Hanger, Strafdrie. Doelskoppe: Larnus Steyn (7). Bergvlam 26.
Hoogenhout 59 – Drieë: Peter de Wet (2), Prince Nkabinde (2), Omar Rodrigues (2), Steyn Grobler, DC Saaiman, Damian Losper. Doelskoppe: Saaiman (7). Ermelo 29 – Drieë: MJ Pienaar, Tyrone Dewar, Morne Janse van Rensburg, Ewan Pretorius. Doelskoppe: Ruan Grobler (2), Stefan Potgieter. Strafdoel: Grobler.
HTS Witbank 15 – Drieë: Herman Lovaine, Steven Strumpher. Doelskop: Strumpher. Strafdoel: Strumpher. Lydenburg 10.
Standerton 15 – Strafdoele: Lunga Mathebula (5). Ligbron 38.
Piet Retief 22 – Drieë: Sphe Mthethwa, Lethu Vilkazi, Alwande Sangweni, Bongumenzi Dlamini. Doelskop: Sangweni. Generaal Hertzog 10.
VALKE
Dr. Malan 46 – Drieë: Wiets Neethling (3), Jeandre Dovey (2), Devan Lourens, Jarryd Posthumus, Brandon Fourie. Doelskoppe: PC Pretorius (2), Marchel Janse van Vuuren. Heidelberg Volkskool 0.
Hans Moore 32 – Drieë: Jarrod Geral, Dillon Jordaan, Ruan Beck, Marcel Redelinghuys, Juandre du Randt. Doelskoppe: Ruan Steenkamp (2). Strafdoel: Steenkamp. Oosterlig 6 – Strafdoele: Marinus van Vuuren, Tiaan Pelser.
Ander spanne:
o.16: Hans Moore 27, Oosterlig 27; Heidelberg Volkskool 24, Dr. Malan 17.
o.15: Hans Moore 20, Oosterlig 3; Heidelberg Volkskool 24, Dr. Malan 0.
o.14: Oosterlig 26, Hans Moore 10; Heidelberg Volkskool 8, Dr. Malan 5




