SuperSport Schools Plus

Secunda bo teen Oosterland

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-21 Tags:

Op ‘n koue Saterdag was Hoërskool Secuinda net te goed vir Hoërskool Oosterlig van Boksburg. In doie eerstespan wedstryd he Sewcunda 32-8 gewen.

Die Hoëveld van Mpumalanga is bekend vir sy koue oggende wat reeds in Meimaand jou tande laat bibber en bewe. Afgelope Saterdag oggend was dit egter nog kouer as die gewone gewees met dreigende reënwolke wat in die lug saam gepak het. Die koue weer kon egter glad nie ‘n demper plaas op die gees en atmosfeer wat reeds vroeg oggend langs die velde by HS Secunda ondervind is nie. Dit was weer tyd vir die jaarlikse derby tussen die twee buurskole. HS Oosterland het reeds vroeg bymekaar gekom en ‘n optog gehou na HS Secunda se gronde toe. ‘n Skitterende inisiatief van Secunda se kant af was om gratis koffie beskikbaar te stel aan ouers. Met die koue weer was dit beslis ‘n treffer gewees en ouers was al te dankbaar vir die mooi gebaar.

Verskeie advertensies is geplaas vir die dag en ten spyte van die koue het Secunda se mense in hordes opgedaag. Pannekoek, worsbroodjies en kerrie en rys het behoorlik soos soetkoek verkoop.

Dit was die eerste keer in sewe jaar dat die twee skole weer teen mekaar op Secunda se velde te staan gekom het. Laasjaar was daar na ‘n ses-jaar onderbreking by Oosterland gespeel. Rede vir die lang onderbreking was dat die twee skole nie in dieselfde Mpumalanga liga gespeel het nie.

Om 08.00 het die 2de rugby span en 0/14 A spanne mekaar getakel in die yskoue. HS Oosterland se 2de span vaar goed en klop Secunda met 10-7. By die 0/14 wedstryd is die rekordboeke behoorlik herskryf toe Secunda amok maak en met 110-3 wen. Ook om 08H00 het die 2 skole se 1e dogters hokkie spanne mekaar die stryd aan gesê, Oosterland wen die stryd met 1 – 0. Daarna was dit die beurt van die 0/14 hokkie dogters so wel as die 0/15 rugby seuns. Secunda se dogters speel voortreflike hokkie en wen met 9-0. 0/15 seuns van Secunda tree as oorwinnaars uit die stryd en wen met 39-6. Om 10.00 het die twee skole se 0/16 rugby spanne mekaar die stryd aangesê. Dit was ‘n baie opwindende wedstryd vol aanskoulike hardloop rugby. Die Killers (Secunda span) wen die wedstryd met 65-3. Die 0/15 hokkie dogters van Secunda was net te sterk vir die opposisie en wen met 4-0. Die stryd tussen die twee skole se 0/16 spanne eindig gelykop met twee doele elk.

Om 11.00 kon mens die spanning aanvoel en die atmosfeer kon met ‘n mes gesny word. Dit was tyd vir die GROOT een, die wedstryd waaroor daar al weke lank bespiegel en gegis is in die dorp. In haar salonne en om braaivleisvure is daar vooraf gepraat, geredeneer en voorspel wie sou wen. Niemand was seker nie maar almal het geweet dit gaan ‘n riller wees.

Toe die skeidsregter Danie Jacobsz sy fluitjie laat skril vir die afskop was die paviljoen gepak met ‘n see van mense. Aan die een kant die duidelike rooi en blou van Oosterland met die Secunda Turkoois aan die ander kant van die paviljoen. Oosterland se nuwe gelukbringer – Kaptein – het reeds vroeg al alles in sy vermoë gedoen om bietjie gees te kry op die paviljoen met ritmiese hande klap. Die eerste 15 minute van die stryd was soos twee boksers wat mekaar uit toets en sien wat die ander een na die tafel bring. Secunda se agterlyn was baie gevaarlik gewees en veral die nommer 11 vleuel Bongeka Mhlanga het amok gemaak elke keer as hy aan die bal vat. Hy herinner mens aan ‘n jong Breyton Paulse of Gio Aplon. Hy is nie groot gebou nie maar mensig elke keer wat hy aan die bal vat was daar groot konsternasie onder die verdediging. Hy ruk gate in die verdediging oop met sy dartel lopies en spoed!

Die rustydtelling was 15-3 in Secunda se guns gewees met veral die twee flanke van Secunda Alf Byleveldt en Dylan Erasmus wat soos trojane op die verdediging uit getroon het.

In die begin van die tweede helfte het Oosterland teruggekom in die wedstryd en hulle eerste drie gaan druk. Die telling was skielik net 15-8 en die wedstryd was weer op ‘n mes punt gebalanseer. Oosterland het verwoed begin aanval want hulle het besef net een verdoelde drie en die wedstryd was gelykop gewees. Secunda het geter die druk baie mooi verwerk en al hoe meer met hulle gevaarlike vinnige agterlyn begin speel. Secunda druk dan ook twee puik verdoelde driee in die tweede helfte en behaal ook 1 strafskop om wel verdiend met 32-8 te wen.

Dit was ‘n baie suksesvolle dag vir die tuisskool gewees met die dorp se mense wat baie goed die geleenthied ondersteun het. Baie dankie daarvoor. Komende naweek speel Secunda weer tuis teen Piet Retief wat sedert laasjaar ontpop het as ‘n baie sterk rugby skool. Al hulle spanne het laas jaar Beeld trofee gewen vir medium skole. Hulle het toe op geskuif groot skole liga toe, kom ondersteun asb weer ons tuis skool by die geleentheid.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.