SuperSport Schools Plus

Schreuder ryg dalk vinnigste driekuns in jare teen Louis Botha in

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-24

NewsG GreyCollegeChristopher Schreuder, losskakel van Grey-kollege, het Vrydag op Jim Fouché se hoofveld teen Louis Botha waarskynlik die vinnigste driekuns aan drieë in ‘n hele paar jaar in skolerugby behaal.

Grey-kollege het Louis Botha met 61-7 kaf gedraf. Die eerste helfte van die wedstryd is na slegs 14 minute se spel gestop. Schreuder het sy span se eerste drie drieë in die wedstryd gedruk en ook al drie vervyf. Hy het sy driekuns in minder as tien minute vanaf die afskop behaal.

Schreuder het die wedstryd met 36 punte afgesluit. Hy het vier drieë gedruk en agt van sy span se nege drieë verdoel. Wedstryde in die Vrystaatse liga word vir rustyd op 35-0 gestop, terwyl spel in die tweede helfte gestaak word wanneer die punteverskil 50 is.

Schreuder se skakelmaat, Ross Braude, het die doellyn ook twee keer oorgesteek. Die tweede helfte van die wedstryd was na 19 minute se spel gestaak. Die kragmeting was dus in totaal 33 minute lank.

Vir Louis Botha het sy flank Teboho Rampai en senter Rallston Dreyer moedig probeer walgooi.

Grey-kollege se naasbestes, die Cherries, het Sentraal met 55-0 verneder. Die wenspan se vleuel Hanno Rossouw het ‘n driekuns aan drieë behaal. Die kragmeting was slegs 39 minute lank.

Jim Fouché was in ‘n wedstryd wat nie vir lank onthou sal word met 27-17 teen Fichardtpark baas. Dit was asof JF nie wou wen nie en Fichies kon nie wen nie.

In die Vrystaatse B-liga het die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg en Brandfort oortuigende seges oor onderskeidelik Zastron (55-7) en President Steyn (53-19) behaal.

Brandfort se oorwinning oor die Steyners is waarskynlik die grootste sege nog oor sy “ou vyand” behaal het. Die span se Christiaan Botha het vier keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.

Sand du Plessis het ook nie veel probleme ondervind om Hoërskool Bloemfontein met 39-15 uit te oorlê nie.

Puntemakers:

Grey-kollege 61 (35) – Drieë: Christopher Schreuder (4), Ross Braude (2), Richard Kriel, David Kriel, Pienaar van Niekerk. Doelskoppe: Schreuder (8). Louis Botha 7 (0) – Drie: Rallston Dreyer. Doelskop: Jaden Seekoei.

Cherries 55 (36) – Drieë: Hanno Rossouw (3), Dylan Schultz (2), Duncan de Beer, Rocco Steyn, Zander du Plessis, Henro van der Merwe. Doelskoppe: Du Plessis (5). Sentraal 0.

Jim Fouché 27 (13) – Drieë: Flippie Jonck (2), Jeandré van der Westhuizen, Stefan Coetzer. Doelskoppe: Henco Venter (2). Strafdoel: Venter. Fichardtpark 17 (0) – Drieë: Charles Vorster, Jannes de Jager. Doelskoppe: Jevon Botes (20). Strafdoel: Botes

Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter 55 – Drieë: Breyten Arends (2), Daniel Cilliers (2), Giovanni Vlitoor (2), JJ Burger, Giben Lombaard, Pierre Parsons. Doelskoppe: Parsons (4), Cilliers. Zastron 7.

Brandfort 53 – Drieë: Christiaan Botha (4), DS de Wet (2), Frans Lessing, Neo Mbangi, Heinrich Maree. Doelskoppe: De Wet (4). President Steyn 19.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.