SuperSport Schools Plus

Sake staan besigheidskant toe in Virsekerbeker vir Middel- en Kleinskole

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-06-04

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

Die twee spanne wat verlede jaar mekaar in die eindstryd van die Virsekerbeker vir Middelskole gepak het, Schweizer-Reneke en Zeerust, sal vanjaar weer sterk aanspraakmakers op dié titel wees.

Albei sal egter ook eers verby Wolmaransstad in die Luiperds se middelskole-liga moet kom indien hulle tot die streekkompetisie se uitspeelrondes wil deurdring.

Wollies het Vrydag vir HTS Klerksdorp met 67-5 gekarnuffel. Die span se losskakel, Johnré van Wyk, het 22 punte tot Wollies se oorwinning bygedra. Hy het self twee van sy span se 11 drieë afgerond en ses daarvan verdoel.

Wollies het wel vroeër in die liga al teen Schoonspruit (5-17) in die stof gebyt.

In die Goue Leeus se middelskole-liga was Carletonville met 56-3 te sterk vir Edenvale High.

Frans du Toit van Phalaborwa het in die Limpopo se middelskole-liga ‘n klinkende sege van 36-0 oor Eric Louw van Mesina behaal.

Curro Roodeplaat behoort vanjaar ook sy staal in die Virsekerbeker vir Kleinskole te toon. Hy het Vrydag vir Maragon Olympus met 25-10 in ‘n ligawedstryd geklop.

Die Virsekerbeker kampioen vir Kleinskole, Curro Heuwelkruin, sal vanjaar weer een van die gunstelinge wees. Die span van Polokwane het Vrydag vir Ben Viljoen van Groblersdal naelskraaps met 25-24 in ‘n vriendskaplike wedstryd geklop. Ben Viljoen het verlede jaar in die eindstryd van die Virsekerbeker vir Mediumskole teen Vryburg vasgeval en vanjaar weer die gunsteling om as kampioen van die Limpopo mediumskole-liga gekroon te word.

Uitslae en Puntemakers: 

BLOU BULLE 

KLEINSKOLE

Curro Roodeplaat 25 – Drieë: Franco Willemse, Josh Bruel, William Hillocks. Doelskoppe: Ruben Behrens (2). Strafdoele: Behrens (2). Maragon Olympus 10.

Ander spanne:

o.15: Maragon Olympus 36, Curro Roodeplaat 12.

GOUE LEEUS 

MIDDELSKOLE

Carletonville 56 – Drieë: Nathan Sereo (3), Llewellyn Ellis (3), Rujean van der Merwe, JJ Bornman. Doelskoppe: Thabang Wesole (8). Edenvale High 3.

Ander spanne:

o.16: Carletonville 41, Edenvale 10.

o.15: Edenvale 44, Carletonville 0.

o.14: Edenvale 22, Carletonville 19.

LIMPOPO

MIDDELSKOLE

Frans du Toit 36 – Drieë: Phoki Sekgopo (2), Zervic Victor, Risima Mathonsi, Wian Schoeman, Bornwise Thibela. Doelskoppe: Mathonsi (3). Eric Louw 0.

Ander spanne:

o.16: Frans du Toit 58, Eric Louw 0.

o.15: Frans du Toit 32, Eric Louw 5.

LUIPERDS

MIDDELSKOLE

Wolmaransstad 67 – Drieë: Johnre van Wyk (2), Pieter Visser (2), Flippie Young (2), Ofentse Bolao, Eduan Marx, Thato Bampitile, Donovan van Zyl, TC Pretorius. Doelskoppe: Van Wyk (6). HTS Klerksdorp 5.

Ander spanne:

o.16: Wolmaransstad 36, HTS Klerksdorp 33.

o.15: Wolmaransstad 7, HTS Klerksdorp 0.

o.14: HTS Klerksdorp 19, Wolmaransstad 12.

 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.