SuperSport Schools Plus

Secunda betree Puma kwarteindronde onoorwonne

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-03

SecundaVier spanne sal na Saterdag ‘n tree nader aan vanjaar se Virseker Beeldtrofee vir Grootskole gee. Die kwarteindronde van die Puma-liga vir Grootskole vind Saterdag om die velde van die Hoërskool Standerton plaas. 

In die streekkompetisie is daar nie ‘n groter liga in die Grootskole-afdeling as die van die Pumas nie. Daar is 12 skole wat aan die liga deelneem. Die Hoërskool Secunda is die verdedigende kampioen na hy vir Piet Retief met 27-3 in verlede jaar se eindstryd verslaan het.

Secunda en Piet Retief pak mekaar Saterdag reeds in die kwarteindronde van die liga. Verlede jaar se kampioen het bo-aan sy groep geëindig. Secunda is ook die enigste span wat van al 12 eerstespanne wat met ‘n onoorwonne status kan spog. Die span het wel met 10-elk gelykop teen HTS Witbank gespeel.

HTS Witbank het teen Lydenburg met 10-12 vasgeval. Die Tekkies sal in Standerton teen Hoogenhout om ‘n plek in die halfeindronde uitspook. Hoogenhout het slegs teen Ligbron (3-32) vasgeval. Ligbron het bo-aan sy groep geëindig, maar het teen Ermelo met 14-19 die knie gebuig.

Lydenburg kom teen Ermelo in die halfeindronde te staan. Die span se kaptein en losskakel, Brady Theron, sal sy span se sleutelspeler wees. Met die twee sterk derduiwels Cornu Cross en JC Beetge op vaskopstut en haker behoort Theron genoeg balbesit te kry. Ermelo sal dus druk op hom moet plaas indien hulle volgende week in die halfeindstryd wil speel.  

Die spanne is: 

HTS Witbank vs. Hoogenhout om 10:55: 

HTS Witbank: 15 Ruan Vorster, 14 Jacques Westermann, 13 Ronewa Banda, 12 Du Preez van der Merwe, 11 Edrich van der Merwe, 10 Andrew McDermaid, 9 Christiaan Glaeser, 8 Johan Badenhorst, 7 Mikhail van Wieling, 6 Marius Janse van Rensburg, 5 Ethan Erasmus, 4 Diek Prinsloo, 3 Jean Coetzee, 2 Johandré Botes, 1 Jacques Peens. Plaasvervangers: 16 Ducan Verwey, 17 Dylan du Toit, 18 Reinhardt Mulder, 19 Herchelle Mocke, 20 Clyde McDougall, 21 Adriaan Botes, 22 Simon Cloete, 23 Thomas Cane, 24 Elandre Truter. 

Hoogenhout: TBA. 

Secunda vs. Piet Retief om 12:10: 

Secunda: 15 Erick Lowe, 14 Rudie Odendaal, 13 Nathan Carstens, 12 Larnus Steyn, 11 Jacobus Beyleveldt, 10 Steven Steyn, 9 Danny Hanger, 8 Kevin Malan, 7 Ewan Wessels, 6 Steyn van der Heever, 5 Stephan Erasmus, 4 Willie Pretorius, 3 Hanco Nel, 2 Cobus Prinsloo, 1 Estiaan Olivier. Plaasvervangers: 16 Siwe Veleman, 17 Lieburt Meintjes, 18 Ruban van Breda, 19 Jacques Cloete, 20 Laurens Weibach, 21 Elardus Greeff, 22 Juan Kotze.

Piet Retief: 15 Simon Terblanche, 14 Bongumenzi Dlamini, 13 Percy Mkhwanazi, 12 Louis Murray, 11 James Fourie, 10 Thabiso Mbatha, 9 Mthobisi Johnson, 8 Lindelani Makhanya, 7 Tsakane Motllholoe, 6 Xolani Mavundla, 5 Mongezi Mcube, 4 Sibusiso Madonsela, 3 Sicelo Zulu, 2 Herman Schlebusch (kaptein), 1 Nkosinathi Mthethwa. Plaasvervangers: 16 Thuba Mbokazi, 17 Thabiso Johnson, 18 Morné Badenhorst, 19 Wian Beukes, 20 Sphe Mthethwa, 21 Samkelo Ndlovu, 22 Steve Scheepers, 23 Freedom Maphilela.

Ermelo vs. Lydenburg om 13:25: 

Ermelo: 15 Ruan Grobler, 14 Gift Ngwenya, 13 Hans Greyling, 12 Henko Louw, 11 Arno Oosthuizen, 10 Jannie Eloff, 9 Stefan van der Merwe, 8 Ruan Smit, 7 Qiniso Habile, 6 Marius Klopper, 5 Vuzi Mkhonza, 4 Ernst de Waal, 3 Ivan Vilankulo, 2 Ivan Steyn, 1 Daniël Cilliers. Plaasvervangers: 16 Ferdie Martins, 17 Molatia Philileni, 18 Nico Kotze, 19 Chris Delport, 20 Jan-Hendrik Swart, 21 Jean-Jacques Janse van Rensburg, 22 Phelelani Khumalo.

Lydenburg: 15 Tristen Badenhorst, 14 Vian Grace, 13 Duncan van Vuuren, 12 Robbie Mhlari, 11 Roelof Oelofse, 10 Brady Theron (kaptein), 9 Jeandré Combrink, 8 Marnes Meyer, 7 Gert Burger, 6 Hannes Opperman, 5 Zandré Volschenk, 4 Hein van Zyl, 3 Cornu Cross, 2 JC Beetge, 1 Hannes Cronjé. Plaasvervangers: 16 Johann Reynecke, 17 Samkelo Luthuli, 18 Conference Mokoena, 19 Branden Kruger, 20 Karl Buitendach, 21 Jean Stimmie, 22 Innocent Masinga. 

Ligbron vs. Rob Ferreira om 14:40:

Rob Ferreira: 15 Dewiko Loots, 14 Charl Jacobs, 13 Raynard Jacobs, 12 Paul Steenberg, 11 Milo Ferreira, 10 Waldo van Tonder, 9 Boetha Botha, 8 Janco Lourens, 7 Luhan Venter, 6 Victor Esqino, 5 Gregory Nel, 4 Jacques de Kok, 3 Fred Lundy, 2 Reinhard Botha, 1 Edrich Kotze. Plaasvervangers:  16 Justin Ferreira, 17 Ntsako Mhlarie, 18 Juan van Wyk, 19 Kobus Coetzee, 20 Joel Ritson, 21 Carlo van Deventer, 22 Andy Bierman.

Ligbron: Dié skool was nie bereid om hulle eerstespan aan te stuur nie. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.