SuperSport Schools Plus

Pukke Prestige bepalings vir 2016

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-02-02

NWU-PukkeDie eerste rugbyspan van Potchefstroom Gimnasium sal sy aanslag om ‘n driekuns in die NWU Pukke se Prestige-reeks te behaal teen HTS Witbank afskop. Gimmies sal egter nie oorgerus die wedstryd pak nie met die span van Witbank wat verlede jaar op die Noordvaal Sewes-toernooi (vir o.17-spanne) baie belofte getoon het. 

Gimmies het verlede jaar in die eindstryd vir Hoërskool Middelburg met 17-11 verslaan. Middelburg sal in sy eerste wedstryd vir Wesvalia van Klerksdorp die stryd aansê. Hugenote van Springs en Wonderboom van Pretoria is die ander twee spanne in Middelburg en Wesvalia se groep. 

Gimmies sal ook teen Montana en Die Anker in sy ander twee groep wedstryde te staan kom. Gimmies het verlede jaar in die eindstryd van die Beeldtrofee vir Grootskole naelskraaps die knie teen Helpmekaar-kollege gebuig. Lichtenburg is ‘n ander span wat nie in vanjaar se Pukke Prestige-reeks afgeskryf kan word nie. 

Lichtenburg is saam met Jeugland, Randburg en Noordheuwel in ‘n groep geloot. 

Die bepalings is: 

5 Maart 2016 

Hoërskool Middelburg vs. Wesvalia
Hugenote vs. Wonderboom
Potchefstroom Volkskool vs. Oosterlig

12 Maart 2016 

Potchefstroom Gimnasium vs. HTS Witbank
Die Anker vs. Montana
Randburg vs. Noordheuwel
Jeugland vs. Lichtenburg
Wesvalia vs. Wonderboom
Hugenote vs. Hoërskool Middelburg
Potchefstroom Volkskool vs. Driehoek
Zwartkop vs. Oosterlig

16 Maart 2016 

HTS Witbank vs. Die Anker
Montana vs. Potchefstroom Gimnasium
Lichtenburg vs. Randburg
Noordheuwel vs. Jeugland
Driehoek vs. Zwartkop

9 April 2016

HTS Witbank vs. Montana
Potchefstroom Gimnasium vs. Die Anker
Lichtenburg vs. Noordheuwel
Jeugland vs. Randburg
Hugenote vs. Wesvalia
Wonderboom vs. Hoërskool Middelburg
Zwartkop vs. Potchefstroom Volkskool
Oosterlig vs. Driehoek

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.