Preview – Waterkloof vs. Sentraal
Waterkloof van Pretoria sal Saterdag teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein nie sy onoorwonne status tot dusver vanjaar wil prys gee nie. Klofies het vanjaar nog net vier wedstryde gespeel, maar sy oorwinning van 26-20 in sy laaste wedstryd teen Hoër Jongenskool Paarl was ‘n indrukwekkende sege.
Klofies het in sy ander drie wedstryde vir Louis Botha (15-0), Noordheuwel (57-0) en Hoërskool Nelspruit (22-17) verslaan. Die besoekers van die Rosestad was egter nog net een keer teen Hoërskool Strand (10-15) aan die verloorkant in sy eerste wedstryd op toer op Oakdale Landbou se jaarlikse week. Die Tralies het sy plaasvervangers in die wedstryd speelkans gegee, so daar kan nie baie in dié nederlaag gelees word nie. Die span het na dié verloor vir Durbanville (43-15) en Hoërskool Pietersburg (36-8) oortuigend verslaan om as die span van die toernooi aangewys te word.
Sentraal se slot, SJ Wessels is as voorspeler van die toernooi by Oakdale Landbou aangewys. Hy en sy slotmaat, Ben Moodie vorm ‘n gedugte kombinasie. Die duo kan die sleutel vir Tralies voorlangs hou. Klofies se Joyce-tweeling, Sean en David, sal langs die kant van die skrum goed saam met hulle kaptein en Cravenweek agtsteman Nardus Erasmus dopgehou moet word.
Klofies sal egter steeds sonder sy Suid-Afrikaanse Skole skrumskakel, Justin Phillips moet klaarkom. Stefan Coetzer moet sy groot skoene vul. Die tweestryd tussen Sentraal se kaptein Michiel Venter en Wilbri Gunter in die middelveld behoort die hoogtepunt van die kragmeting te wees. Gunter is die jonger broer van Janco Gunter wat in 2011 vir die Blou Bulle op die Cravenweek in Kimberley verteenwoordig het. Michiel se ouer broer, Nico Venter het in 2007 vir Sentraal se eerstespan in die middelveld verteenwoordig.
Die spanne is:
Waterkloof: 15 Marcel Smit, 14 Peet de Klerk, 13 Dewald Lindeque, 12 Wilbri Gunter, 11 Divan Swanepoel, 10 Thinus de Beer, 9 Stefan Coetzer, 8 Nardus Erasmus (kaptein), 7 David Joyce, 6 Sean Joyce, 5 Werner Fourie, 4 Jeandré de Beer, 3 Johan van Wyk, 2 Reinach Venter, 1 Xander van Wyk.
Sentraal (Bloemfontein): 15 Tiaan Wolfaardt, 14 DJ Hefer, 13 Brendon Katz, 12 Michiel Venter (kaptein), 11 Wian Koekemoer, 10 DP de Lange, 9 Brendan Bruwer, 8 Stefan Kruger, 7 Franco Tack, 6 DB Nel, 5 SJ Wessels, 4 Ben Moodie, 3 Lafras Becker, 2 Ryno Gerber, 1 Stephan van Heerden.
Afskop: 12:00
Ander wedstryde (Waterkloof vs. Sentraal):
A-veld
08:00 – Waterkloof IV vs. Sentraal IV
09:00 – Waterkloof III vs. Sentraal III
10:00 – Waterkloof II vs. Sentraal II
11:00 – Waterkloof 016 vs. Sentraal o16
B-veld
10:00 – Waterkloof o.15 vs. Sentraal o.15
C-veld
10:00 – Waterkloof o.14 vs. Sentraal o.14