Preview – Shimla-liga halfeindstryde
DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap behoort more sy plek vir die vyfde agtereenvolgende jaar in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te bespreek. Die span van die Diamantstad pak vandag in die vernaamste voorwedstryd van die Curriebeker-kragmeting tussen Griekwaland-Wes en die Westelike Provinsie vir Hoërskool Voortrekker in die halfeindstryd van die liga. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.
Noord-Kaap mik vanjaar onder leiding van sy kaptein Lehan Muller daarna om vir die vyfde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Shimla-liga gekroon te word. Voortrekker sal sonder sy Cravenweek-voorryman, Ernie Sumner na die Diamantstad reis. Dit terwyl Noord-Kaap genoeg diepte het om sy kragtige voorryman, Joubert Steyn van die plaasvervangersbank af te laat speel.
Vir Noord-Kaap behoort sy heelagter Ryan de Wee, vleuel Hillford Clarke, senter Luke Mason en flank Lux Khoza heelwat vrae aan die Trekkers se verdediging te vra. Northerns speel ook sonder sy Cravenweek-skrumskakel GM Bruwer. Dylan Walsh wat in sy plek opdraf was egter ook ‘n lid van die Griekwas se span na die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Polokwane.
Die Trekkers sal hoop dat sy heelagter Sechaba Matsoele op alle silinders vuur. Die span se senterpaar, Junior Smit en Wian van der Watt, sal ook op hulle stukke moet wees indien die span van Bethlehem vir ‘n verrassing wil sorg. Die besoekers se kaptein en flank, André Janse van Vuuren beleef ‘n skitterende seisoen en sal sy spogvertonings hier op GWK-park wil voortsit.
In die ander halfeindstryd van die Shimla-liga in Bloemfontein sal Louis Botha gasheer vir Hentie Cilliers van Virginia speel. Albei spanne speel dieselfde tipe rugby en die wedstryd behoort hope vuurwerk op te lewer. Boonop het die Vrystaatse kampioen, Louis Botha sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta terug in sy geledere.
Hentie Cilliers wat op sy beurt die Griffon-kampioen is, sal egter nie ‘n tree vir sy eweknie van die Rosestad terugstaan nie. Henties se senter Ethan Williams en skrumskakel Jaywin Juries sal more sleutelrolle moet vertolk indien die span van Virginia tot die eindstryd wil deurdring.
Die spanne is:
Noord-Kaap vs. Voortrekkers om 12:40 op GWK-park:
Noord-Kaap: 15 Ryan de Wee, 14 Leon Becker, 13 Dimitrio Tieties, 12 Luke Mason, 11 Hillford Clarke, 10 Guillermo Minnie, 9 Dylan Walsh, 8 Gerhard Holtzhausen, 7 Lux Khoza, 6 Lehan Muller (kaptein), 5 Bradley Leijdekkers, 4 Thulani Njenje, 3 Doctor Booysen, 2 Willie van Aswegen, 1 Geo Davel.
Voortrekker (Bethlehem): 15 Sechaba Matsoele, 14 Tiisetso Madonsela, 13 Junior Smit, 12 Wian van der Watt, 11 Lethole Mokoena, 10 Tokkie van Zyl, 9 Eloff Scheepers, 8 Robert de Jongh, 7 Seeff Theron, 6 André Janse van Vuuren (kaptein), 5 Frederik Marais, 4 Henko Naudé, 3 Thinus van Staden, 2 Christo van Zyl, 1 Niel Janse van Rensburg.
Skeidsregter: Pieter van Vuuren (Vrystaat)
Grensregters: Marlize Jordaan en Johan Wagner
Louis Botha vs. Hentie Cilliers om 12:40 op Louis Botha:
Louis Botha: 15 Olwethu Ndakisa, 14 Masego Toolo, 13 Dale Koopman, 12 Ali Mgijima, 11 Sheldon Fortuin, 10 Luke Cyster, 9 Sharwin Cupido, 8 Whaseem Galant, 7 Thando Malaganqa, 6 Refiloe Rampeta, 5 Lebohang Mosala, 4 Victor Maruping, 3 Othello Sebotsa, 2 Grayden Benn, 1 Ox Nche.
Hentie Cilliers: 15 Jameel Afrika, 14 Jamie Joseph, 13 Ethan Williams, 12 Rian Pretorius, 11 Jonathan April, 10 Sylvester Lewis, 9 Jaywin Juries, 8 Gregan Hull, 7 Anwar Ohlsen, 6 Nathan Kemp, 5 Brandon Kuzatjike (kaptein), 4 Jade Solomons, 3 Justin Williams, 2 Cheslyn van Rayner, 1 Kyle Ess.
Skeidsregter: Nico Schmahl (Griekwas)
Grensregters: Jeffrey van Rooyen en R Nel
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15
- Rondebosch finish the prestigious Peninsula Festival as the only unbeaten side - 2025-01-12