SuperSport Schools Plus

Preview – Sandveld vs. Suid-Vrystaat

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-06-14

Die Suid-Vrystaatse o.19-rugbyspan het in sy geledere twee van die voorste puntemasjiene wat vanjaar die 17de VKB-week op Reitz sal bywoon.

Die span se losskakel Stephan Nel en binnesenter Danie Muller het vanjaar vir hulle onderskeie skolespanne Zastron en Hendrik Potgieter van Reddersburg die punte opgestapel.

Die Suid-Vrystaters kom vandag teen sy eweknie van die Sandveld te staan. Dié span bestaan vanjaar uit 18 spelers van Zastron, terwyl Muller en die flank Lucas Muller van Hendrik Potgieter is. Die ander twee spelers in die span is Frikkie Grobler en Morné Jacquire van Koffiefontein.

Die Suid-Vrystaters kom in hulle eerste wedstryd van die VKB-week teen die verdedigende kampioene, die Valke te staan.

Die Sandvelders behoort egter vandag meer as sy man te staan. Die span het drie spelers in sy beginspan in die agterhoede wat lede van Bothaville se span is wat alle teenstand voor hom in die Sandveld-liga weggevee het. Die span se heelagter, Derick Beeslaar, het vanjaar al tien keer vir Bothaville gaan druk. Die ander twee agterspelers van Bothaville in die beginspan is die senter Merwe Snyman en vleuel Tshepang Masike.

Op losskakel is die ratse, Sylvester Seseane van Theunissen. Hy hou Bothaville se WJ Crous uit die span wat reeds vanjaar 127 punte vir sy span in 13 wedstryde opgestapel het.

Die Griffons se Cravenweek-stut, Armand van Wyk, se tweelingbroer, Donovan van Wyk, draf op loskopstut vir Sandveld uit. Donovan het vanjaar ’n groter aptyt vir drieë gehad en vyf keer vir Bothaville oorgeval.

Anders as die span van Suid-Vrystaat het die span van Sandveld heelwat spelers gehad wat nie verkiesbaar is nie, weens hulle verpligtinge by veral die Griffons-platteland se Akademie-span.
Sandveld kom teen Lynx-Suid op die eerste dag van die VKB-week te staan.

Die spanne is:

Sandveld: Derick Beeslaar, Nico Venter, Merwe Snyman, Arno Taljaard, Tsepang Masike, Sylvester Seseane, Johan Fick, Kobus Scheepers, Zander Bester, Wian Jordaan, Christo Potgieter, Alec Dodds, Phillip du Plessis, Jaco Groenewald, Donovan van Wyk. Plaasvervangers: Belthus Conradie, Ettienne Verster, Theo du Plooy, Armand du Plooy, WJ van Staden, Chris Norton, JP Korkie, WJ Crous, Erik Helm.

Suid-Vrystaat: Khotso Potsane, Molefe Kente, RP Bekker, Danie Muller, Tsepo Kente, Stephan Nel, Ruan Goosen, Van Zyl Cronjé (k), Kobus van Zyl, Lucas Muller, Jaco Muller, Danie van Zyl, Ivann Bothma, Eugene Smit, Ricus McLeod. Plaasvervangers: Jason Scorgie, Thato Kitsane, Hendrik Lombaard, Willem van Staden, George Theron, Frikkie Grobler, Morné Jacquire.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.