SuperSport Schools Plus

Preview – Grey-kollege vs. Grey Boys’ High School

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-07-27

BLOEMFONTEIN. – Grey-kollege het tien jaar laas teen sy naamgenoot van Grey Boys’ High School van Port Elizabeth verloor. Dit blyk ook nie of die span van 2013 van sy trotse rekord oor die laaste dekade vandag in Bloemfontein teen die span van die Baai afstand gaan doen nie. Die wedstryd word regstreeks op SuperSport gebeeldsend.

Die span van die Rosestad het laas in 2004 toe die Ierse haker Richardt Strauss sy kaptein was 14-17 teen sy besoekers die knie gebuig. Drie toekomstige Springbokke Heinrich Brüssow , Deon Stegmann en Frans Steyn het ook in 2004 vir Grey-kollege uitgedraf.

Grey se skrum met Andrew du Plessis, Ruan Kramer en Martin Wipplinger aan die spits behoort die botoon in die kragmeting te voer. Die span van die Baai behoort ook sonder sy gereelde kaptein en Cravenweek-flank, CJ Velleman tweede in die stryd om die losbal te kom. Grey se kaptein en flank Marius Louw en agtsteman Alex Jonker behoort die stryd in die los te oorheers.

Agterlangs sal die tuisspan se agterlyn hulle sokkies moet optrek. Die agterhoede het teen Pretoria Boys’ High teleurgestel.

Hoërskool Witteberg sal vandag in hulle ENB Classic Clash teen ‘n onwaarskynlike moontlikheid sy alles in die stryd werp om die uitkloprondes van die Griffon-liga te haal. Witteberg kom teen sy aartsvyand Voortrekker in hulle jaarlikse derby te staan. Die Trekkers is die gunsteling om vanjaar as kampioen van die Griffon-liga gekroon te word. Witteberg sal ‘n oorwinning vandag moet behaal

Vandag se bepalings (tuisspanne eerste vermeld): 

10:30: Zastron t. Hoërskool Bloemfontein; 12:30: Hoërskool Upington t. Landboudal; 12:40: Sand du Plessis t. Jim Fouché; 12:55: Grey-kollege t. Grey Boys’ High School; 13:00: Noord-Kaap t. HTS Daniël Pienaar; 13:15: Sentraal t. Duineveld; 13:30: Aliwal-Noord t. Fichardtpark.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.