Preview – Colt-liga halfeindstryde
DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Bultfontein sal vandag in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se eerste Colt-liga teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter as die gunsteling op die veld draf. Bultfontein is vanjaar nog onoorwonne na 14 kragmetings, met slegs ‘n gelykop-uitslag van 0-elk teen Hoërskool Postmasburg wat die span van ‘n vlekkelose status weerhou.
Bultfontein het boonop sy teenstander in vandag se halfeindstryd op die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se jaarlikse sportdag 50-7 kafgedraf. “Daar gebeur baie dinge deur ‘n seisoen en ons sal moet waak daarteen om oorgerus vir die wedstryd te wees,” het Pieter Burger, afrigter van Bultfontein, gesê.
Een van Bultfontein se sleutelspelers is sy agtsteman en stelskopper, GJ van Eeden. Hy het vanjaar reeds 141 punte vir sy skoolspan aangeteken. Hy het in die vorige kragmeting teen Reddersburg 20 punte tot sy span se totaal via twee drieë en vyf doelskoppe bygedra. Die span se senterpaar Erik Helm en Arno Taljaard sal ook fyn deur Reddersburg dopgehou moet word. Die vaskopstut, Brian van Bosch is ‘n sterke derduiwel.
Die span van Reddersburg se twee senters Donovan Pretorius en Zaan Momberg is self vanjaar twee staatmakers die span gewees. Die slot Lukas Muller sal voorlangs weer soos in die Vrystaatse B2-liga eindstryd teen Seonela sy kant moet bring.
In die ander halfeindstryd van die Colt-liga pak die Hoërskool Blinkklip van Postmasburg en die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron mekaar. Vir die span van Wesselsbron sal dit ‘n reuse geleentheid wees om op GWK-park in ‘n voorwedstryd vir ‘n Curriebeker-wedstryd uit te draf. Die span kan egter nie te grootoog vir die geleentheid wees nie indien hy tot die eindstryd van die liga wil deurdring nie.
Vir Sandveld sal sy losskakel Monwabesi Mexico, agtsteman Reinhardt Lennox en flank Michael Fulton sleutelspelers wees.
Die spanne is:
Bultfontein vs. Reddersburg om 10:00 op Louis Botha:
Bultfontein: 15 Bernard Fourie, 14 Marnus Guestyn, 13 Erik Helm, 12 Arno Taljaard, 11 Barend van der Linde, 10 Andrich Olivier, 9 Marnes van Staden, 8 GJ van Eeden, 7 Tefelo Ramathello, 6 Guilliam Viljoen, 5 Niel Grobbelaar, 4 Corné Pohlman, 3 Brian van Bosch, 2 Stefan Basson, 1 Bongani Dikana.
Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter (Reddersburg): 15 Marcell van Niekerk, 14 Louis Witbooi, 13 Donovan Pretorius, 12 Zaan Momberg, 11 Johan Meiring, 10 PJ Thiart, 9 Erwee Prinsloo, 8 Luan Terblanché, 7 Hanno Coetzee, 6 Katli Moletsane, 5 Nganga Ndamase, 4 Lukas Muller, 3 Dewaldt Badenhorst, 2 William Kasselman, 1 Cassie van Wyk.
Skeidsregter: Phillip van Sittert (Griekwas)
Grensregters: Reinie Nel en Dewald Smit
Hoërskool Blinkklip vs. Hoërskool Sandveld om 10:00 op GWK-park:
Blinkklip: 15 Sandrake Ndala, 14 Brandon Davids, 13 Brendan Matlhare, 12 Jason Boorman, 11 Graig Willemse, 10 Ryan Paulsen, 9 Anthony Tattas, 8 Romano Jina, 7 Ricardo Louw, 6 Melville Pieterse, 5 Fernando Poya, 4 Valentino Jacobs, 3 Yombi Tshineva, 2 Brandon van der Westhuizen, 1 Renaldo Ready.
Sandveld: 15 Michael Marx, 14 Wittes Kgotso, 13 Ishmael Masiu, 12 Johan Fick, 11 Sonnyboy Booysen, 10 Monwabesi Mexico, 9 Donald Grant, 8 Reinhardt Lennox, 7 Michael Fulton, 6 Naledi Madungwa, 5 Wian le Roux, 4 Jeremiah Kgang, 3 Alexis Havenga, 2 Jaco Groenewald, 1 Lusapho Mabele.
Skeidsregter: Sakkie Meyer (Vrystaat)