SuperSport Schools Plus

Plattelanders reg om te presteer in Parys


NewsG President Steyn Reinardt Wiid

Die platteland word hierdie langnaweek weer bederf met topgehalte skolerugby by die Namgola Parys-rugbyweek.

Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Die gedagte agter die toernooi is om sowel aan opkomende spelers die geleentheid te bied om hul vaardighede op te skerp as aan afrigters ‘n finale geleentheid om hul spanne voor te berei vir die liga-seisoen.

Daar is nietemin steeds ‘n groot mate van trots op die spel wanneer die spanne mekaar aandurf, en dit sal verál die geval wees vir die gasheerspan, Hoërskool Parys, waneer hulle Vrydag vir Hoërskool Riebeeckstad die stryd aansê in die hoofwedstyd van die eerste dag.

Die manne van Parys het reeds ‘n positiewe begin tot hul seisoen beleef toe hulle vir St Andrew’s School van Bloemfontein met 24-19 geklop het by SPS Brandfort se jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag.

Parys se senter, Qenan Bekker, het die Saints se verdediging kafgedraf om twee keer agter die doellyn te gaan kuier.

‘n Aantal van die spanne wat by daardie geleentheid te siene was, is ook hierdie naweek in Parys in aksie.

Brandfort het in die hoofwedstryd naelskraaps met 12-16 verloor en sal gretig wees om terug te keer wenpad toe wanneer hulle Vrydag teen Hoërskool Balfour te staan kom.

Hul stewige pak voorspelers sal nie sommer vir enige span hierdie naweek terugstaan nie, maar daar is paar ander spanne wat self beskik oor ‘n klompie groot plattelandse seuns wat in die skrum sak.

Hoërskole Bothaville en Ladybrand het altwee hul wedstryde by die sportdag in Brandfort gewen, en sal hierdie naweek op daardie sukses wil voortbou.

Bothaville het, danksy twee drieë deur Paul Verwey, daarin geslaag om vir Reddersburg (Landbouskool Hendrik Potgieter) met 34-26 te klop, terwyl Ladybrand ligte werk van President Steyn Hoërskool gemaak het om met 31-7 te wen.

Vrydag begin Bothaville hul veldtog teen Hoërskool Panorama, voordat Ladybrand teen Hoërskool Hoopstad uitdraf.

Die Hoopstad span het ook reeds twee goeie seges behaal, deur vir Brandfort met 47-14 pakslae te gee en ook, by die Hartswater-sportdag, vir Hoërskool Kalahari af te stof met 28-14.

Binnesenter, Abrie van Zyl, het in albei daardie wedstryde ‘n drie aangeteken en sal definitief een van die spelers wees om dop te hou hierdie naweek.

Die Groepe

Groep A: Retief, Carel de Wet, Morgenzon, Zastron.

Groep B: Parys, President Steyn, Riebeeckrand, New Horizons College Bethlehem.

Groep C: Die Anker Skool, Reddersburg, Zeerust, New Horizons College Harrismith.

Groep D: Hoopstad, Hoërskool Sasolburg, Ladybrand, Heilbron.

Groep E: Bothaville, Brandfort, Panorama, Balfour.

Die bepalings, 22 Maart

Dag Een: 10:00 – Heilbron t. Hoërskool Sasolburg, 11:10 – Carel de Wet t. Zastron; 12:20 – Bothaville t. Panorama; 13:30 – Die Anker Skool t. Zeerust; 14:40 – Hoopstad t. Ladybrand; 15:50 – Retief t. Morgenzon; 17:00 – Brandfort t. Balfour; 18:10 – President Steyn t. New Horizons College; 19:20 – New Horizons College t. Reddersburg; 20:30 – Parys t. Riebeeeckstad.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.