Pionier en Vryheid bult spiere in Puk 16-reeks
Die kampioen van die Pukke 16-reeks, die Hoërskool Pionier van Vryheid, het die verdediging van sy titel met ’n klinkende sege van 28-0 oor Ferrum afgeskop. Die span van Vryheid is vanjaar weer een van die gunstelinge om as kampioen gekroon te word.
Vryburg wat verlede jaar in die eindstryd teen Pionier afstand van sy titel gedoen het, het sy aanslag Vrydag in Klerksdorp teen Schoonspruit afgeskop.
Vryburg was met 32-0 baas, maar moes ondanks die telling hard werk vir die oorwinning. Schoonspruit se agttal het die botoon voorlangs gevoer en sake vir die besoekers bemoeilik.
Agterlangs was dit egter ’n perd van ’n ander kleur met die tweeling, Francois en Johan Pelser, wat ’n skrikbewind op die aanval gevoer het. Die span se Cravenweek-losskakel, André Kock, en die buitesenter, Gert Jonker, het ook puik vertoon. Voorlangs het die kantman Adolf Reynecke en slot RA Pretorius inklimspel vir die wenspan gelewer.
Bekker was in ’n verwoestende bui op sy tuisveld net buite Magaliesburg teen Alberton High. Sy vleuel Ruvo du Preez het ’n driekuns aan drieë in sy span se oortuigende sege van 60-3 ingeryg.
Die heelagter, Herman Roesch, en buitesenter, Waldo Botha, het elk ook twee keer die doellyn oorgesteek. Bekker het Carletonville vroeër vanjaar in ’n vriendskaplike wedstryd met 29-0 verslaan, maar met 5-7 teen Jan Viljoen vasgeval.
Delmas se Tiaan le Roux het ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 28-19 oor Oosterland van Secunda behaal.
Piet Retief het ’n belangrike sege van 17-9 weg van die huis teen Volksrust behaal. Die span sal in sy volgende wedstryd teen Pionier te staan kom.
Die kragmeting tussen Schweizer-Reneke en Wolmaransstad is na 16 Maart geskuif, terwyl Overvaal en Fochville mekaar more die stryd sal aansê.
Hoewel die Hoërskool Klerksdorp se wedstryd teen Noord-Kaap van Kimberley vir hom as proewe gedien het, sal sy afrigters tevrede met die vertoning voel. Noord-Kaap het nou wel met 22-19 as oorwinnaars uit die stryd getree, maar dit was ’n veel beter vertoning deur Klerksdorp as in sy nederlaag van 5-33 in die wedstryd verlede jaar.
Die telling tussen HTS Middelburg en Transvalia sal wel sorg dat Klerksdorp nie te gerus sal wees voor sy kragmeting met Transvalia Saterdag in die Tuks-reeks nie. Die Rooi Bulle van HTS Middelburg was met 17-0 in die wedstryd in Vanderbijlpark baas nadat die rustyd-telling 0-0 was.
Die Rooi Bulle se haker, Ruben Cross, slot Trevor Swanepoel en flank Marco Koch het voorlangs hul kant gebring. In die agterhoede kan die vleuel Japie Kleynhans en die losskakel, Riekert Barnard kop omhoog loop.
Benoni High het sy seisoen ook op ’n hoë noot begin deur FH Odendaal van Pretoria met 44-3 te troef.
Puntemakers:
NWU-PUKKE 16-REEKS
Pionier 28 – Drieë: Marco Fuhri, Eugene Nortjé, Ewart Potgieter. Doelskoppe: Jean Aucamp (2). Strafdoele: Aucamp (2), Fuhri. Ferrum 0.
Vryburg 32 (15) – Drieë: Gert Jonker (2), Lozano McCarthy, Dian Bester, JP Esterhuizen. Doelskoppe: André Kock (2). Strafdoel: Kock. Schoonspruit 0.
Pretoria-Noord 15 – Drieë: Kayl Arrow, Duncan Tack. Doelskop: Vernon Blignaut. Strafdoel: Blignaut. Stoffberg 9 – Strafdoele: Gerhard du Preez (2), Francois Blaauw.
Bekker 60 (12) – Drieë: Ruvo du Preez (3), Herman Roesch (2), Waldo Botha (2), Ewald Oberholzer, Karel Oberholzer, Duandre Joubert. Doelskoppe: Oberholzer (5). Alberton High 3 – Strafdoel: Julian Carr.
Delmas 28 – Drieë: Tiaan le Roux (3). Doelskoppe: Luan Schult (2). Strafdoele: Schult (3). Oosterland 19 – Drieë – Erick Liebenberg, Jaco Rautenbach, Jurie Wessels. Doelskoppe: Richard McFadden (2).
Piet Retief 17 – Drieë: Samkelo Ndlovu (2), Percy Mkwanazi. Doelskop: Morné Badenhorst. Volksrust 9 – Strafdoele: Tiaan Els (3).
Ander spanne:
o.16: Pretoria-Noord 17, Stoffberg 3; Ferrum 21, Pionier 10; Schoonspruit 29, Vryburg 19; Bekker 32, Alberton High 0; Delmas 24, Oosterland 5; Piet Retief 48, Volksrust 0.
o.15: Pretoria-Noord 57, Stoffberg 5; Pionier 43, Ferrum 8; Vryburg 39, Schoonspruit 8; Bekker 59, Alberton High 12; Oosterland 20, Delmas 7; Piet Retief 57, Volksrust 0.
o.14: Pretoria-Noord 29, Stoffberg 5; Ferrum 19, Pionier 14; Vryburg 17, Schoonspruit 7; Bekker 25, Alberton High 10; Oosterland 34, Delmas 5; Piet Retief 34, Volksrust 0.
VRIENDSKAPLIK
HTS Middelburg 17 (0) – Drieë: Japie Kleynhans, Riekert Barnard. Doelskoppe: Barnard (2). Strafdoel: Barnard. Transvalia 0.
Benoni High 46 – Drieë: Kyle Newman (2), Justin Herbert (2), Timothy van Dieman, Grant Foley, Kevin O’Connor, Strafdrie. Doelskoppe: Brandon Harwood (3). FH Odendaal 3.
Noord-Kaap 22 (12) – Drieë: Cameron Hufke, Rian Kotze, Edrich Brand. Doelskoppe: Hufke (2). Strafdoel: Hufke. Hoërskool Klerksdorp 19 (5) – Drieë: Fanie Maree, Michael Venter, Jacques Swanepoel. Doelskoppe: Venter (2).
Bekker 29 – Drieë: Bernard Erasmus, Reo du Preez, JJ Knoetze, Brenie Grobler. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (2). Carletonville 0.
Jan Viljoen 7 – Drie: Vincent de Bruyn. Doelskop: Victor Esterhuizen. Bekker 5 – Drie: Ewald Oberholzer.
Ander spanne:
o.16: Noord-Kaap 82, Klerksdorp 3.
o.15: Klerksdorp 12, Noord-Kaap 10.
o.14: Klerksdorp 19, Noord-Kaap 14.




