SuperSport Schools Plus

Paul Roos sal bordjies Saterdag teen Rondebosch op Markotter wil verhang

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-05-19

PHOTO: Charmaine Sander

Daar is hierdie naweek weer ‘n vol program van skolerugby in die Wes Kaap vir ondersteuners om te geniet.

Die aksie word uitgesaai op SuperSport SchoolsRegistreer nou

Rondebosch Boys’ High speel in die Markotter-stadion in Stellenbosch teen Paul Roos Gimnasium, Saterdag om 13:00.

Verlede jaar kon Rondebosch hierdie bepaling in die stad met 24-12 wen.

Paul Roos het laas naweek ‘n afnaweek geniet en die seuns het tyd gehad om te herstel na die harde stryd teen Paarl Gimnasium wat hulle met 24-19 verloor het die naweek voor dit.

Rondebosch het die vorige naweek ‘n goeie vertoning teen SACS gelewer om 22-7 te wen, maar hierdie naweek bied dalk vir hulle hul grootste toets tot dusver die seisoen.

Die span van Stellenbosch beleef reeds ‘n sterk seisoen, en lyk asof hulle week na week verbeter.

Voor hulle in Paarl Gim vasgeloop het kon die Paul Roos span met Affies (31-25) en Durban High School (24-14) afreken in twee harde wedstryde, en die seuns sal uitsien om terug te keer na die rugbyveld om weer daardie momentum te begin bou.

Rondebosch is sonder die dienste van ‘n paar spelers, onder andere Collin Paul Kemp (flank), wie een van hul sterkste baldraers is. Hy sal gemis word

Stellenberg Hoërskool onthaal vir Oakdale Landbou en sal wil opmaak vir laas jaar se 34-17 nederlaag op die plaas in Riversdal.

Hierdie beloof om weer ‘n uiterse stryd te wees tussen twee skole wat trots neem in hul vermoë om hul opponente fisies af te breek.

Daar is regoor die streek groot rugby op skou, met baie van die skole wat hierdie naweek van hul groot inters afhandel.

Worcester Gimnasium sal hul goeie vorm wil behou teen Robertson en in Oudtshoorn is daar ook ‘n groot slag tussen die buurskole, Oudtshoorn Hoërskool en Langenhoven Gimnasium.

Die spanne is:

Paul Roos Gimnasium t. Rondebosch Boys’ High om 13:00

Paul Roos Gimasium: 15 Keenan Stoffels, 14 Keehan Etson, 13 Samuel Badenhorst, 12 Phillip Groenewald, 11 Marco Odendaal, 10 Lee-Jay Pietersen, 9 Zeke January, 8 Reuben Kruger, 7 Dylan van Wyk, 6 Andreas Oosthuizen, 5 Jesse Stegehuis, 4 Truspe Schoeman, 3 Ryan Jack, 2 Christian de Villiers, 1 Oliver Reid.

Rondebosch Boys’ High: 15 David Simon, 14 Juma Amissi, 13 Juandre Welthagen, 12 Nichollas Molyneux, 11 Ethan Gordon, 10 Dylan Miller, 9 Cameron Whitson, 8 Ryan du Rand, 7 Alutha Wesi, 6 Jeff Cohen, 5 Polite Phiri, 4 Tom Barnard, 3 Cole Macdonald, 2 Tom van Wyk, 1 Justin Amos.

Stellenberg t. Oakdale Landbou om 12:55

Stellenberg: 15 Kaden de Klerk, 14 Liam Smith, 13 Estian Steyn, 12 Tyron Labuschagne, 11 Ruben Thompson, 10 Stefan Roux, 9 Clyde Frieslaar, 8 Marco Ferreira, 7 Zian Erasmus, 6 Damon Pereira, 5 Corne Bruwer, 4 Sebastian Johnson, 3 Herman Lubbe, 2 Creedon Cockrell, 1 Niel de Beer.

Oakdale Landbou: 15 Waylon Kortjie, 14 Rayleen Alberts, 13 Louis Fourie, 12 Kurt Coetzee, 11 Therlow Prins, 10 Shaydon Fradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Gerhard Ehlert, 3 Karlo Truter, 2 JC van Wyk, 1 Marco Steyn.

Ander bepalings op Saterdag, 20 May

11:30 – Lutzville t. Hoërskool Vredendal; 12:00 – Hoërskool Punt t. DF Malan; 12:00 – Worcester Gimnasium t. Robertson; 12:20 – Jan van Riebeeck t. Porterville; 12:30 – Augsburg Gimnasium t. Curro Langebaan; 12:50 – Oudtshoorn t. Langenhoven Gimnasium;  13:00 – HTS Drostdy t. Hopefield; 13:40 – Swartland t. Charlie Hofmeyr;  13:45 – Labori t. Montagu.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.