Paarliete maak reg vir interskole
‘n Opwindende naweek wag op die Paarliete wanneer Paarl Girls’ High en Paarl Gimnasium mekaar hierdie naweek pak tydens, wat beskou word as een van die grootste interskole in die land.
Paarl Girls’ High is vasbeslote om hul titel as die heersende kampioene te verdedig, nadat hulle laasjaar met die louere as kampioene weggestap het.
Gimnasium het die afgelope naweek hul staal gewys en ‘n indrukwekkende tweede plek by Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal nadat hulle 25-18 teen Affies in die finaal verloor het.
Paarl Girls’ High kan egter ook nie onderskat word nadat hulle ‘n derde plek by die kampioenskappe behaal het en Menlopark 23-16 gewen het.
Wanneer die twee spanne op Vrydag, 4 Augustus, om 16:15 mekaar die stryd aansê tel vorige prestasie min en enige iets kan gebeur tot die eindfluitjie blaas.
Kyla Dames van Paarl Girls’ High en Marli Krige van Gimnasium, kapteine van die gesogte spanne, is gereed om hul spanne te lei na oorwinning in die wedstryd wat voorlê.
Paarl Gimnasium:
Erin Hartland, Marné Abrahamse, Kiran Cockrell, Leané Otto, Michelle van der Merwe, Marli Krige, Wilmie Cronjé, Elené Vosloo, Cathryn Botes, Jana Martin
Paarl Girls’ High:
Bea Malan, Mari Kemp, Anke Stofberg, Kyla Dames, Milcah Visser, Emma Swan, Lisa Mentz, Elzahn Nel, Barbara de Kock, Hannah Gildenhuys