Paarl-reuse weer by die DStv Challenge in aksie

Vyf van die 15 spanne wat Saterdag aan die Wes-Kaapse Topskole-byeenkoms deelgeneem het, het deurgedring na die gesogte DStv Schools Netball Challenge.
Hoërskool La Rochelle, Hoërskool Paarl Gimnasium en Hoër Meisieskool Paarl is die drie Batho-spanne wat deurgedring het, terwyl Bardale Secondary School en Manzomthombo Secondary School die twee Ubuntu-spanne is wat op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida in aksie sal wees.
Paarl Gimnasium, wat die halfeindronde in 2023 gehaal het voordat hulle teen Meisieskool Oranje vasgeval het, is beslis ‘n span om dop te hou. Hoër Meisies Paarl het verlede jaar ook tot die halfeindronde deurgedring, waar hulle teen Affies die knie gebuig het.
La Rochelle se kwalifisering is noemenswaardig, aangesien hulle nie verlede jaar onder die provinsie se topspanne was nie.
Manzomthombo is ‘n gedugte mededinger, en een van verlede jaar se topspanne in die Wes-Kaap. Bardale het nie verlede jaar deelgeneem nie, maar het hul krag by die afgelope naweek se uitspeelwedstryde tentoongestel.
Uitslae:
Poel A: La Rochelle 24, Durbanville 22; La Rochelle 52, Desmond 9; Durbanville 34, Bardale 20; Durbanville 64, Desmond Tutu 10; La Rochelle 32, Punt 13; La Rochelle 40, Bardale 9; Durbanville 39, Punt 16; Bardale 26, Desmond 13; Punt 31, Desmond 19; Bardale 18, Punt 16.
Poel B: Stellenberg 24, Bredasdorp 23; Paarl Girls 29, Stellenberg 14; Bredasdorp 37, Vredendal 28; Paarl Girls 28, Vredendal 23; Paarl Girls 48, Hillcrest 5; Paarl GH 36, Bredasdorp 15; Stellenberg 40, Hillcrest 3; Bredasdorp 44, Hillcrest 12; Vredendal 34, Hillcrest 11.
Poel C: Paarl Gim 36, Manzomthombo 7; Jan van Riebeeck 37, Weston 11; Manzomthombo 20, Weston 15; Jan van Riebeeck 21, Outeniqua 21; Paarl Gim 23, Outeniqua 18; Jan van Riebeeck 34, Manzomthombo 14; Outeniqua 44, Weston 7; Paarl Gim 36, Jan van Riebeeck 24; Outeniqua 25, Manzomthombo 8, Paarl Gim 57, Weston 5.
Semi-finaal (Batho)
La Rochelle 25, Stellenberg 22
Paarl Gim 26, Durbanville 19
Paarl GH 25, Outeniqua 16
Semi-finaal (Ubuntu):
Manzomthombo 16 Desmond Tutu 15
Bardale 22, Weston 11
Finaal (Batho):
La Rochelle 27, Paarl GH 19
Paarl Gim 27, Paarl GH 21
Finaal (Ubuntu):
Bardale 15, Manzomthombo 10