SuperSport Schools Plus

Paarl Girls mik na nóg ‘n onoorwonne liga-seisoen

By Charne van der Merwe , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-03-07 Tags: ,

AngelinaCook, Janie Visser, Jenna Haywood, Miné van der Walt, Keisha September, Sophia Wium, Elzahn Nel, Anke Stofberg, Cara Els, Isabella Cook en Kyla Sabbagha.

Paarl Girls’ High het verlede jaar ‘n stewige reputasie in netbal opgebou.

Hulle was naaswenners by die Absa Wildeklawer-sporttoernooi; derde in die SA Topskole-netbaltoernooi; wenners van die Interskole-kompetisie en onoorwonne in al hul plaaslike ligawedstryde.

Vanjaar se span wil hierop voortbou, en bestaan uit Sophia Wium, Anke Stofberg, Cara Els, Kyla Sabbagha, Isabella Cook, Angeline Cook, Elzahn Nel, Jenna Haywood, Mine van der Walt, Janie Visser en Keisha September, wat reeds die SA o. 16-oefengroep gehaal het.

Afrigter, Marli Visagie, beklemtoon dat hul primêre doelwit vir hierdie seisoen is om as ‘n eenheid te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik.

Die meisies van die Paarl se aspirasies sluit in om onder die top-4 by die Absa Wildklawer-toernooi te eindig, om vir die Nasionale Topskole-toernooi te kwalifiseer en om goed te presteer in al hul ligawedstryde.

Hul vernaamste teenstanders sluit in Paarl Gimnasium, in die Interskole-wedstryd, asook die Hoër Meisieskole, La Rochelle en Bloemhof, in die liga.

Die spanbestuur bestaan verder uit Janke Visagie, en fisioterapeute Hanke Storm en Christille Blom.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.