SuperSport Schools Plus

Paarl Gimnasium sal vir oulaas voor die vakansie spiere teen Oakdale wil bult

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-06-09

KYLE SMITH, losskakel van Paarl Gimnasium. FOTO Bertram Malgas/Gallo Images

Terwyl meeste van die bepalings in die streek al opgedroog het voor die komende skoolvakansie en provinsiale kompetisies is daar steeds ‘n groot stryd wat wag waneer Oakdale Landbou hierdie Saterdag vir Paarl Gimnasium aandurf op die Kriel-veld in die Paarl.

As gevolg van die winterreën wat baie van die rugbyvelde in die Boland onspeelbaar gelaat het sal dit net die verskeie ouderdomsgroepe se A-spanne wees wat Saterdag speel, asook die onder 19 tweede- en derdespanne.

Die wedstryd word regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou

Paarl Gimnasium geniet weer ‘n uitstekende seisoen hierdie jaar, oor die laaste twee wedstryde geniet die eerstespan ‘n punteverskil van 118-10 na twee sterk vertonings teen Diocesan College (45-7) en SACS (73-3).

Hulle is sonder twyfel die span op vorm in die Weskaap, en daar sal ‘n paar spelers wees met ‘n punt om te bewys na die Cravenweek-spanne gedurende die week bekend gemaak is.

Kyle Smith (losskakel) en Danio Botha (slot) is die twee Gimmies in die WP Cravenweek-span, terwyl Kurt Coetzee (senter), Therlow Prins (vleuel), Hanno Louw (flank), Devon Windvogel (stut), Karlo Truter (stut), Erick Steyn (no. 8) en Shaydon Fradie (losskakel) die Oakdale Landbou spelers is wat vir die Suid-Wes Distrik Cravenweek-span gekies is.

Marco Steyn (slot), Xander Mynhardt (stut) en Louw du Toit (flank) is ook gekies om vir Paarl Gimnasium in die WP XV by die Cravenweek te verteenwoordig.

Paarl Gim is sonder hul twee WP-slotte vir hierdie kragmeting, Jan-Lourens du Toit en Eduan Vosloo begin die wedstryd in Botha en Steyn se plekke.

Oakdale is ook sonder hul Cravenweek-senter, Coetzee, terwyl die stut, Windvogel, op die reserwebank begin,

Verlede jaar het Paarl Gimnasium vir Oakdale met 42-10 geklop, en die Oakdale Lanbou span sal op hul beste moet wees om die tuisspan te ontstel hierdie jaar.

Oakdale Landbou het al vroeër in die seisoen met die ander groot kompetisie uit die Paarl afgereken toe hulle 20-17 teen Paarl Boys’ High op die plaas in Riversdal kon wen.

Die Gimmies lyk egter asof hulle ‘n trap bo die res is in die Weskaap hierdie jaar, en die Oakdale boere sal moet reg wees vir ‘n uiters fisiese wedstryd.

Die spanne is:

Paarl Gimnasium t. Oakdale Landbou om 12:30:

Paarl Gimnasium:15 Tazreeq Moerat, 14 Freek de Kock, 13 Hennie Otto, 12 Roland Viviers, 11 Pieter-Nel du Plessis, 10 Kyle Smith, 9 Dawid Kotze, 8 Nicolas Nel, 7 Louw du Toit, 6 Adrúan Kotze, 5 Jan-Lourens du Toit, 4 Eduan Vosloo, 3 Joubert du Toit, 2 Jannie Grobbelaar, 1 Xander Mynhardt.

Oakdale Landbou (moontlik): 15 Waylon Kortjie, 14 Rayleen Alberts, 13 Louis Fourie, 12 Michael Fourie, 11 Therlow Prins, 10 Shaydon Fradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Ruan Hattingh, 3 Karlo Truter, 2 JC van Wyk, 1 Marco Steyn.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.