SuperSport Schools Plus

Paarl Boys’ High – 1999

By Hannes Nienaber , in Results Rugby | News , at 2015-05-15

Results 

Paarl Boys’ High 21,  Rondebosch Boys’ High 11
Paarl Boys’ High 24,  Boland Landbou 12
Paarl Boys’ High 13,  Wynberg Boys’ High 7

Players: 

 

Rondebosch (6) 11, HJS Paarl (16) 21: Goeie verdediging deur albei spanne het die manne min beweegruimte gegee. Tog was dit ‘n aanskoulike wedstryd waarin die grondslag vir ‘n oorwinning deur die hardwerkende voorspelers van HJS Paarl gelê is.

Vorster (agsteman, 2) en Kotzé (losskakel) was die Paarliete se driedrukkers, met ook twee strafdoele deur Kotzé. Vir Rondebosch het Stamper (skrumskakel) oorgebars vir ‘n drie terwyl McEvoy (heelagter) akkuraat gekorrel het met twee strafskoppe.

HJS Paarl (3) 13, Wynberg (0) 7: In ‘n kragmeting waarin dit grootliks die voorspelers was wat mekaar die stryd aangesê het, was dit HJS Paarl se groter mate van ondernemingsgees wat hom in staat gestel het om Wynberg net-net (maar tog welverdiend) te klop. Die Paarliete het met ‘n drie kort voor die einde ‘n oorwinning verseker.

Afgesien van drieë deur Louw (heelagter) en Du Toit (haker) was Johnston (skrumskakel) ook met ‘n strafskop in die kol vir die tuisspan. Abbott (senter) se drie vir Wynberg is gedoel deur Brown (losskakel).

 

 

HJS Paarl (6) 24, Boland Landbou (0) 12: In ‘n betreklike gelykop wedstryd wat uitstekende spel gelewer het, het die dringendheid van HJSP se voorspelers en die tuisspan se vermoë om makliker die voordeellyn oor te steek, HJSP in staat gestel om Boland Landbou te klop.

Daarby het die bal telkens net reggespring vir HJSP en dit het meegebring dat die tuisspan die meeste aanvalswerk kon doen.

Vir die wenspan is drieë gedruk deur Vlok (vleuel) en Kotzé (losskakel) wat ook met ‘n doelskop sowel as vier strafskoppe in die kol was. Vir Boland Landbou is drieë gedruk deur Coetzee (flank) en Engelke (senter) terwyl Basson (skrumskakel) met een doelskop geslaag het.

 

Hannes Nienaber
Latest posts by Hannes Nienaber (see all)
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.