SuperSport Schools Plus

Opwindende nuwe sewesreeks vir 2017

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-01-19

News JohanVanZyl‘n Nuwe opwindende sewesreeks vir skole skop vanjaar af. Vir die eerste keer sedert die @lantic Sewesreeks sal daar weer ’n reeks vir skole wees.

Die @lantic Sewesreeks het Blitsbokke soos Cecil Afrika, Kwagga Smith, Branco du Preez en Hoffman Maritz opgelewer.
Die nuwe reeks, die Hoërskole Sewesreeks aangebied in samewerking met Travel & Sport, word boonop deur Darryl Weir georganiseer. Weir was ook een van die organiseerders van die @lantic-reeks.

Travel & Sport sal die toernooie bywoon en ’n spelers identifiseer om in spanne in onder andere die Dubai Sewes deel te neem. 

Dié reeks skop op 11 Februarie in Kimberley op die velde van Hoërskool Diamantveld af. Al die toernooie sal deur Fanstream gestroom word.

Daar sal 12 toernooie in die reeks wees. Die reeks sal in Kimberley, Bloemfontein, Durban, Paarl, Rustenburg, Vryheid, Nelspruit, Benoni en Tzaneen ‘n draai maak.

Daar sal ook aan die einde van die reeks ’n Kampioen van Kampioene-toernooi op 20 en 21 Oktober gehou word. Die gasheer van die toernooi sal nog bekend gemaak word.

Die kampioene van die onderskeie toernooie van die reeks sal in dié toernooi spook om as die nasionale kampioen uit die stryd te tree.

Vir meer inligting kontak vir Darryl Weir van Weir Promotions by weirpromo@gmail.com

Die toernooie is:

11 Februarie 2017 – Diamantveld (o.15 & o.17)
25 Februarie 2017 – Jim Fouché (o.16 & o.19)
18/19 Augustus 2017 – Hoërskool Rustenburg (o.15 & o.17)
18/19 Augustus 2017 – Glenwood (o.15 & o.18)
25/26 Augustus 2017 – Pionier (o.15 & o.18)
1/2 September 2017 – Noordheuwel (o.18)
8/9 September 2017 – Durban High School (o.18)
8/9 September 2017 – Paarl Gimnasium (TBC)
15/16 September 2017 – Bergvlam (o.15 & o.18)
22/23 September 2017 – Merensky (o.15 & o.18)
13/14 Oktober 2017 – Brandwag (Benoni) (o.15 & o.18)
20/21 Oktober 2017 – Kampioen van Kampioene (o.18)

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.