OP verneder die Blou Bulle op Cravenweek
Dit was ‘n donker dag vir Blou Bul-skolerugby op die vierde dag van die 54ste Coca-Cola Cravenweek vir hoerskole in Johannesburg. Die Ligbloues het sy grootste nederlaag nog sedert die ontstaan van die gesogte toernooi met ‘n loesing van 37-0 teen Oostelike Provinsie op die lyf geloop.
Die Bulle was teen rustyd met die telling op 17-0 reeds met hul rue teen die muur. Ongeag wat die uitslag van die Ligbloues se laaste wedstryd op een van die buitevelde op St Stithians College se gronde Saterdag sal wees, daar sal ‘n paar moeilike vrae na afloop van die toernooi beantwoord moet word.
Die Blou Bulle het verlede jaar teen die Goue Leeus in sy tweede wedstryd van die Cravenweek teen die Goue Leeus (14-41) sy grootste nederlaag nog voor vandag gelei. Voor dit was sy nederlaag van 30-6 teen die Westelike Provinsie in Polokwane die rekord.
Die unie se span het dus sedert hy laas die Cravenweek se nie-amptelike kampioen was in 2012 drie keer rekord nederlae op die lyf geloop.
Die feit dat OP se vleuel en aan van sy driedrukkers Juandre Sabbat nog vroeer vanjaar vir Garsfontein in Pretoria se derde span gespeel het moet heelwat ekstra sout in die wonde te vryf.
OP se ster was sy flank Bevan Prinsloo. Hy het nie net twee driee gedruk nie, maar ook telkemale omgekeerde balbesit vir sy span by die afbreekpunte bewerkstellig.
Sover vasgestel kon word was dit die eerste wedstryd waarin die Blou Bulle ooit op die Cravenweek nie daarin kon slaag om ‘n enkele punt aan te teken nie.
Puntemakers:
Oostelike Provinsie 37 (17) – Driee: Bevan Prinsloo (2), Le-kleu Stokes, Rodwill Baatjies, Juandre Sabbat, Ayabonga Matroos. Doelskoppe: Dylan le Roux, Baatjies. Strafdoel: Le Roux. Blou Bulle 0.




