SuperSport Schools Plus

Oë op Grey se Jordaan, Andrade

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-03-08

INDIEN die kombinasie van Mike Andrade en Julian Jordaan in die middelveld vandag vir Grey-kollege in sy wedstryd op Hoërskool Fichardtpark se jaarlikse sportdag teen Potchefstroom Gimnasium kliek, gaan ‘n hele paar spanne vanjaar moet bontstaan.

Die twee het in 2012 die Vrystaatse o.16-span se middelveld beman. Die twee se samespel was een van die redes hoekom die Vrystaat daardie jaar tot die hoofwedstryd van die Grant Khomo-week in aksie was. Andrade was toe nog die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort se losskakel. Hy het verlede week Grey se laaste proefwedstryde op sy tuisdorp weens ‘n besering misgeloop.

Jordaan het verlede week op Brandfort se sportdag gewys dat hy weet hoe verdediging aan flarde te skeur. Hy is die neef van die Sharks-senter Paul Jordaan. Julian het wel besluit om voortaan homself op skrumskakel toe te spits. Sy afrigter die voormalige Vrystaat-skrumskakel Tewis de Bruin behoort hom met die skuif te help. Sy vermoë op senter is egter op die oomblik sy sterkpunt.

Die voormalige Vrystaat-vleuel, Chris Badenhorst se seun Dian draf op skrumskakel uit. Die aanvallende spel van die heelagter, Henry Immelman behoort ook problem vir die span van Potchefstroom te besorg. Die besoekers word deur die voormalige Noordwes-losvoorspeler, Bertus Pool gebrei.

In die hoofwedstryd van die sportdag pak Fichardtpark vir Hoërskool Grens met sy losskakel Stefan Kloppers se skopskoen en spelskeppende vermoë sal sy span op die voorvoet moet hou.

Voorlangs behoort die voorrymanne Riaan Coetzee, Jaco Potgieter en agtsteman Pieter Coetzee staatmakers vir die gashere te wees.

Hoërskool Reitz hou ook vanjaar ‘n sportdag met sy eerstespan wat teen Parys in die hoofwedstryd kragte meet. Voortrekker van Bethlehem sal gasheer vir Jim Fouché speel, terwyl Sand du Plessis na Kroonstad reis om teen Hoërskool Kroonstad kragte te meet.

In Kimberley sal Noord-Kaap op Pirates vir Marlow Landbou van Cradock pak. Northerns sal na sy nederlaag teen Sentraal verlede week, sy seisoen op dreef wil kry.

Vandag se bepalings is:

Fichardtpark Sportdag – Clover-veld: 08:00: Witteberg t. Landboudal; 09:10: Goudveld-Hoërskool t. Hoërskool Upington; 10:20: Duineveld t. Welkom-Gimnasium; 11:30: Louis Botha t. Diamantveld; 12:40: AHS Kroonstad t. Cherries; 13:50: Sentraal t. Hentie Cilliers; 15:00: Grey-kollege t. Potchefstroom Gimnasium; 16:10: Fichardtpark t. Hoërskool Grens. B-veld: 09:10: Hoopstad t. Hendrik Potgieter (Reddersburg); 10:20: De Aar t. Grey XV-tal; 11:30: Brandfort t. Hangklip; 12:40: Aliwal-Noord t. Hennenman; 13:50: Zastron t. Riebeeckstad; 15:00: Koffiefontein t. Hoërskool Middelburg (Oos-Kaap); 16:10: Kimberley Boys’ High t. Burgersdorp.

Reitz Sportdag – 13:30: Paul Erasmus (Senekal) t. Belvedere; 14:50: Reitz t. Parys.

Ander: 11:10: St. Andrew t. Union; 11:30: Hoërskool Kroonstad t. Sand du Plessis; 12:30: Noord-Kaap t. Marlow Landbou; 12:30: Hoërskool Bloemfontein t. Bothaville; 13:30: Voortrekker t. Jim Fouché

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.