Oakdale Landbou rugbyweek bepalings – 2016
Oakdale Landbou net buite Riversdal bied vanjaar van 19 tot 23 Maart sy jaarlikse Mutual & Federal Rugbyweek aan. Dit sal die 37ste keer wees wat die week aangebied word. Dit is dus een van die oudste toernooie wat nog bestaan.
Anders as van die ander toernooie oor die vakansie stel die gasheer slegs bepalings vir die eerste dag van die week op. Die ander twee dae se bepalings word na afloop van elke dag se spel deur ‘n bepalingskomitee saamgestel om te verseker dat krag teen krag speel. Dit help ook dat elke toerspan die nodige voorbereiding uit die rugbyweek kry.
In die hoofwedstryd van die eerste dag op die Eike-veld sal Oakdale Landbou teen die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein onder spreiligte kragte meet. Die hoofvoorwedstryd van die eerste dag tussen Diamantveld en Potchefstroom Gimnasium behoort ook vir hope vuurwerk te sorg. Potch Gimmies het verlede jaar in die eindstryd van die Beeldtrofee vir Grootskole teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg vasgeval. Diamonds was op hul beurt die voorste skolespan vanuit die Noord-Kaap provinsie.
Die bepalings van die eerste dag is:
De Eike-veld
08:45 – Durbanville vs. Landboudal (Jacobsdal)
09:55 – Brackenfell vs. Lichtenburg
11:05 – Augsburg Landbou vs. Bredasdorp
12:15 – Windhoek Gimnasium vs. Voortrekker (Bethlehem)
14:00 – Oosterlig vs. Pearson
15:10 – Langenhoven Gimnasium vs. Bellville
16:20 – Welkom Gimnasium vs. Die Brandwag (Uitenhage)
18:00 – Diamantveld vs. Potchefstroom Gimnasium
19:10 – Oakdale Landbou vs. Sentraal (Bloemfontein)
Populierbos-veld
08:45 – Vredendal vs. Labori
09:55 – Kirkwood College vs. Montagu
11:05 – Centurion vs. Strand
14:00 – Monumentpark vs. Muir College
15:10 – Dirkie Uys vs. Overberg
16:20 – Hoërskool Upington vs. Hermanus




