SuperSport Schools News

NWU Pukke Skouspel 2015 – Uitslae Dag 2

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-03-30

NuusG Noord-KaapNoord-Kaap van Kimberley het die Pukke Skouspel onoorwonne afgesluit danksy ‘n sege van 43-13 oor Transvalia van Vanderbijlpark. Die span van die Diamantstad se vleuel, Cameron Hufke, en agtsteman, Gerhard Holtzhausen, het elk twee keer agter Transvalia se doellyn gaan kuier. 

Kearsney College se flank, Tristan Dixon, is waarskynlik die beste voorspeler wat op vanjaar se toernooi in aksie is. Hy is welverdiend as speler van die wedstryd in sy span se sege van 41-10 oor Hoërskool Klerksdorp aangewys. 

Dixon het verlede jaar vir KwaZulu-Natal op slot tydens die Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga) uitgedraf. Die kantman het gewis sy tweestryd met verlede jaar se SA Skole-flank, Edmund Rheeder, gewen. 

Die span se binnesenter, James Tedder, het agterlangs rigting verskaf. Hy moes egter weens ‘n seer heup vroeg in die eerste helfte die veld verlaat. Klerksdorp se senter, Michael Steinberg, het ‘n stewige vertoning gelewer.

Potchefstroom Gimnasium se twee slotte, Gideon Botha en Marco van den Berg, het baljaar in hulle span se oortuigende sege van 60-13 teen Hoërskool Florida. Botha is as speler van die wedstryd aangewys, met Van den Berg wat twee keer Florries se doellyn oorgesteek het. 

Gimmies se losskakel, Casper Dreyer, het 20 van sy span se punte via ‘n drie, ses doelskoppe en ‘n strafdoel aangeteken. Die span van Potchefstroom se kaptein en agtsteman, Gerhard Steenekamp, het soos gewoontlik met sy kraglopies sy span se teenstanders probleme besorg. 

Puntemakers:

Noord-Kaap 43 (17) – Drieë: Cameron Hufke (2), Gerhard Holtzhausen (2), Howard Lottering, Gladwin Nieuwenhuysen, Zayne Farmer. Doelskoppe: Hufke (4). Transvalia 13 (6) – Drie: Pleij van der Broek. Doelskop: Wernich Human. Strafdoele: Human (2).

Kearsney College 41 (17) – Drieë: Sebastian Pau, James Tedder, Cian Waugh, Joshua van Vuuren, Matthew Watts. Doelskoppe: Tedder (2), Cameron Ritchie (2), Cullen Waberski,. Strafdoel: Tedder, Waberski. Hoërskool Klerksdorp 10 (0) – Drieë: PJ Ellis, Edmund Rheeder.

Potchefstroom Gimnasium 60 (29) – Drieë: Marco van den Berg (2), Damon Jaswyn (2), Otto van der Westhuizen, Gideon Botha, Gerhard Steenekamp, Casper Dreyer, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Dreyer (6). Strafdoel: Dreyer. Florida 13 (8) – Drieë: Waldo Bochnik, André van Zyl. Strafdoel: André Bezuidenhout.

Hoërskool Rustenburg 43 (31) – Drieë: Danie Aucamp (2), Jandré Joubert (2), Christopher Coetzee, Gerhard Fourie, Johan van Niekerk. Doelskoppe: Johan Roos (5). Framesby 34 (22) – Drieë: André Lategan, Roelof Roodt, Jurgens Viljoen, Bernard McDonald, Dylan Olivier, Riaan van Rensburg. Doelskop: Wayne Moss (2).

HTS Drostdy 16 (13) – Drieë: SJ Wessels. Doelskop: Earl Dowrie. Strafdoele: Dowrie (3). Waterkloof 12 (12) – Drie: Stedman Gans, Dylan Robinson. Doelskop: Quintin Bayards.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.