NWU Pukke Skouspel 2014 – Uitslae Dag 1
Transvalia se skrumskakel, Marco Janse van Vuuren het met vier driee in sy span se sege van 36-17 oor Florida geskitter. Florida se losskakel, Ralton October het verlede jaar al die Leeus op die Cravenweek-toernooi vir hoerskole in Polokwane verteenwoordig en is eintlik sy span se skrumskakel. Hy was in 2012 ‘n lid van die Suid-Afrikaanse o.16-groep.
Outeniqua se losskakel, Keenan Tarentaal het 21 van sy span se punte in sy sege van 56-6 oor Centurion behaal. Hy het ses doelskoppe en drie strafdoele oorgeklits vir sy persoonlike bydrae. Garsfontein se vleuel, Lyle Maart het drie keer agter Boland Landbou se doellyn gaan kuier. Garsies se Bere het die wedstryd 39-30 gewen en sy senter Franco Naude was die groot staatmaker.
Puntemakers:
Potchefstroom Gimnasium 27 (10) – Drieë: Arthur Vivier (2), Wikus van der Westhuizen, Gert Ungerer. Doelskoppe: SJ van Rensburg (2). Strafdoel: Van Rensburg. HTS Drostdy 24 (24) – Drieë: Alberto dos Santos, Wynand Roets, Marno Bartels, Carel Kotze. Doelskoppe: Earl Dowrie (2).
Transvalia 36 (19) – Drieë Marco Janse van Vuuren (4), Dawid Landsberg, Gert Mulder. Doelskoppe: Stephan Mouton (3), Wernich Human. Florida 17 (17) – Drieë: Justin Bhana (2). Doelskoppe: Ralton October. Skepdoel: October.
Garsfontein 39 (19) – Drieë: Lyle Maart (3), Shakeel Fredericks (2). Doelskoppe: JP Wegner (4). Strafdoele: Wegner (2). Boland Landbou 30 (16) – Drieë: Danrich Visagie (2), JT Potgieter. Doelskoppe: Jondré Williams (3). Strafdoele: Williams (3).
Outeniqua 56 (16) – Drieë: Le Roux Baard (2), Corné de Klerk (2), Eduard Zandberg, Sarel van Loggenberg, Clayton Kiewiets. Doelskoppe: Keenan Tarentaal (6). Strafdoele: Tarentaal (3). Centurion 6 (3) – Strafdoel: Brandon Battersea. Skepdoel: Schalk van Heerden.
Hoërskool Klerksdorp 23 (3) – Drieë: Danie von Wielligh, Riaan Scholtz, Erlo Kleynhans. Doelskoppe: Erich Hough, Llewellyn Moolman. Strafdoel: Moolman. Framesby 14 (14) – Drieë: Neal Brophy, Tiaan Louwrens. Doelskoppe: Tiaan Stander.
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16