SuperSport Schools Plus

Nuwe sewesreeks maak Saterdag draai in Rosestad

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-02-23

FanstreamDit is net gepas dat die nuwe Hoërskole Sewesreeks wat in samewerking met Travel en Sport aangebied word ‘n draai by die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein maak.

Die tweede been van die reeks vind Saterdag op JF se velde in Bloemfontein plaas. Al die wedstryde op die A-veld sal regstreeks op www.fanstream.co.za gebeeldsend word.

Destyds met die @lantic-reeks was die Bloemfontein-been van die reeks sonder twyfel die mees suksesvolste van die reeks. In die eerste eindstryd van die toernooi in die Rosestad het die Harmony Sportakademie vir Voortrekker van Bethlehem met 43-15 in die eindstryd verslaan.

In die eindstryd was drie toekomstige Blitsbokke Cecil Afrika, Branco du Preez (albei Harmony Sportakademie) en Hoffman Maritz (Voortrekker) in aksie. Maritz is as die Speler van die Toernooi vir sy spel in die toernooi aangewys.

Nog twee toekomstige Blitsbokke, Jamba Ulengo (Jim Fouché) en Lionel Mapoe (Fichardtpark), het ook aan die toernooi deelgeneem. Ulengo en Mapoe het ook reeds die Springbokke verteenwoordig.

Die toernooi beloof dus om ‘n ruwe diamant of twee op te lewer. Welkom Gimnasium en Louis Botha behoort saam met die gasheer die vroeë gunstelinge te wees om as kampioen gekroon te word.

Gimmies was twee weke gelede in Kimberley stewig oppad om die titel van die eerste been van die reeks te verower voordat ‘n strafdoel deur Jannie van Niekerk van Diamantveld in die halfeindstryd die span van Welkom se hart gebreek het.

Die Gimmies sal dus gemotiveerd wees om Saterdag nie weer die titel deur hulle vingers te laat glip nie. Louis Botha het die laaste twee toernooie van die @lantic-reeks hier gewen.

Gimmies se breier Jacques Juries het die Harmony Sportakademie tot die titel van 2007 tot 2009 gebrei. Hy het ook later vir Hentie Cilliers tot ‘n titel van ‘n ander sewestoernooi by JF gelei.

Die bepalings is:

o.19 (A-veld)

08:00 – Louis Botha vs. Zastron; 08:20 – Jim Fouché vs. New Horizon; 08:40 – Welkom Gimnasium vs. Wilgerivier; 09:00 – Louis Botha II vs. Welkom Gimnasium II; 09:20 – Louis Botha vs. Welkom Gimnasium; 09:40 – Jim Fouché vs. Welkom Gimnasium II; 10:00 – Zastron vs. Brandfort; 10:20 – President Steyn vs. New Horizon; 10:40 – Welkom Gimnasium vs. Brandfort; 11:00 – Welkom Gimnasium II vs. President Steyn; 11:20 – Louis Botha vs. Wilgerivier; 11:40 – Jim Fouché vs. Louis Botha II; 12:00 – Wilgerivier vs. Brandfort; 12:20 – Louis Botha II vs. President Steyn; 12:40 – Welkom Gimnasium vs. Zastron; 13:00 – Welkom Gimnasium II vs. New Horizon; 13:20 – Wilgerivier vs. Zastron; 13:40 – Louis Botha II vs. New Horizon; 14:00 – Louis Botha vs. Brandfort; 14:20 – Jim Fouché vs. President Steyn.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.