SuperSport Schools Plus

Noordvaal Skolerugby Uitslae – 6 Junie 2015

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-06-08

NewsG NelspruitDie Hoërskool Nelspruit se Rhinos sal hul titel as kampioen van die Pumas se afdeling vir makroskole teen die HTS Middelburg verdedig.

Die Rhinos se vleuel Eduan Engelbrecht het ’n driekuns aan drieë in sy span se sege van

34-19 oor die Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd van die liga behaal. Engelbrecht het vanjaar reeds 17 keer die doellyn in sy span se 13 wedstryde oorgesteek.

Wat die sege nog meer merkwaardig maak, is die feit dat die Hoërskool Middelburg agt spelers in die Pumas se Cravenweek-span het.

Die Rooi Bulle het Nelspruit vroeër vanjaar in hul ligawedstryd met 35-33 getroef, so die eindstryd beloof om ’n klipharde kragmeting te wees.

Albei spanne het ook dan reeds tot die uitspeelrondes van die Beeld Noordvaal Trofee deurgedring.

■ Wonderboom speel Donderdag teen Eldoraigne om die vierde plek in die Blou Bulle se makroskole-afdeling van die Beeld Noordvaal Trofee.

Die ander drie plekke word reeds onderskeidelik deur Garsfontein, Waterkloof en Menlopark beklee.

Wonnies het HTS John Vorster Saterdag met 13-10 geklop, met Armandt van Dyk wat die span se groot held in die

sege was.

Eldoraigne is nog onoorwonne in die Blou Bulle se afdeling en het boonop Saterdag sy spiere met ’n oortuigende sege van 38-0 oor Centurion gebult.

Montana het Zwartkop in die ander ligawedstryd met 24-5 die loef afgesteek.

■ E.G. Jansen het oor te veel skietgoed vir Florida beskik en met 82-15 as oorwinnaars van die veld gestap. Die slot Hendré Stassen, flank Dylan van der Walt en senter Erich Cronjé het elk ’n driekuns aan drieë behaal.

Kempton Park het ook ’n oortuigende sege van 57-5 oor die Hoërskool Rustenburg beklink. Sy senter Pieter Prinsloo het die doellyn ook drie keer oorgesteek.

Marais Viljoen van Alberton het nie veel probleme ondervind om Die Anker met 40-14 met die kous oor die kop huis toe te stuur nie.

■ Jacques Joubert, Monument van Krugersdorp se skrumskakel, was uitstaande in sy span se sege in Durban van 21-8 oor Glenwood.

Joubert het twee pragdrieë in die eerste helfte afgerond om aan sy span ’n voorsprong van 14-3 met die omdraaislag te gee.

Xander Kruger, losskakel, het ook sy skopskoene aangehad, wat die druk verder op Glenwood gelaai het.

Monument se slot Ruan Vermaak het fisiek uitgetroon en ook ’n paar harde duikslae uitgevoer.

Helpmekaar het sy tweede groot sege in twee weke behaal toe hy Jeppe Boys High met 34-17 geklop het.

Uitslae en puntemakers: 

MAKROSKOLE 

Wonderboom 13 – Drie: Armand van Dyk. Doelskop: Henry Nell. Strafdoele: Nell (2). HTS John Vorster 10

Montana 24 – Drieë: Brian Croft (2), Calvin Cornell, Raynard Koegelenberg. Doelskoppe: Emile Meyer (2). Zwartkop 5 – Drie: Michael Jacobs. 

Eldoraigne 38 – Drieë: Armand de Beer (2), Ruan Botha, Nathan Prinsloo, Christiaan Claassen, Stefan du Toit. Doelskoppe: Tryston van Schalkwyk (3), De Beer. Centurion 0

Ander spanne: 

o.16: Montana 18, Zwartkop 12; Eldoraigne 54, Centurion 0; Wonderboom 27, HTS John Vorster 0.

o.15: Montana 20, Zwartkop 19; Eldoraigne 17, Centurion 5; HTS John Vorster 15, Wonderboom 13. 

o.14: Zwartkop 18. Montana 10; Eldoraigne 8, Centurion 3; HTS John Vorster 24, Wonderboom 10.

GROOTSKOLE 

Hoërskool Tuine 20 – Drieë: Michael Kruger, Michael Corneelsen. Doelskoppe: Pieter Voges (2). Strafdoele: Voges (3). Wagpos 20. 

Ander spanne: 

o.16: Tuine 58, Wagpos 0.
o.15: Wagpos 38, Tuine 5.
o.14: Wagpos 55, Tuine 5.
KLEINSKOLE
Pretoria THS 26 – Drieë: Shadeur Mhlanga, Keanu Duraan, Mlondi Xola, Makgoba Kubjane. Doelskoppe: Duraan (3). Cullinan 10.

MEDIUMSKOLE
Die Wilgers 34 – Drieë: Jayden Matthys (2), Chad Sias, André Oerson, Morné Taylor, Brandon Erasmus. Doelskoppe: Sias, Stiaan Joubert. Erasmus 23.
Midstream College 68 – Drieë: Tristan Little (3), Louis Naudé (3), Zander Hill, Wian Brink, Jan Swart, Sybrand de Villiers, George Economides, Drikus Greyling. Doelskoppe: Jason Bayford (3), Naudé. FH Odendaal 0.
Ander spanne:
o.16: Die Wilgers 43, Akasia 0; Midstream College 66, Erasmus 5.
o.15: Die Wilgers 10, Midstream College 8; Erasmus 34, Akasia 0.
o.14: Die Wilgers 31, Akasia 5; Midstream College 89, FH Odendaal 0.

MAKROSKOLE
Marais Viljoen 40 – Drieë: Migael du Plessis, Ruan Behr, Ederick van Niekerk, Julian Steenkamp, Gerwin van Heerden, Reuben du Plooy. Doelskoppe: Jonathan Muller (3), Eben Koekemoer (2). Die Anker 14.
GROOTSKOLE
Linden 34 (21) – Drieë: Jean Rabie, Delarey van Heerden, Zander Voges, Dillon van Tonder, Strafdrie. Doelskoppe: Kyle Lues (3). Strafdoel: Lues. Dinamika 20 (13).
Ander spanne:
Eerstespanne: Randburg 34, Jan Viljoen 27.
o.16: Dinamika 26, Linden 0; Jan Viljoen 36, Randburg 7.
o.15: Linden 27, Dinamika 7; Randburg 32, Jan Viljoen 27.
o.14: Dinamika 59, Linden 5; Randburg 31, Jan Viljoen 5.

VRIENDSKAPLIK
Jeppe Boys’ High 17 – Drieë: Moemisi Mosheledi, Wandisile Simelane, Travis Cameron. Doelskop: Simelane. Helpmekaar 34.
Monument 21 (14) – Drieë: Jacques Joubert (2), Goodman Mkwanazi. Doelskoppe: Xander Kruger (3). Glenwood 8 (3) – Drie: Devon Brough. Strafdoel: Jerome Bossr.
Ander spanne:
o.16: Helpmekaar 53, Jeppe Boys’ High 7.
o.15: Jeppe Boys’ High 36, Helpmekaar 9.
o.14: Helpmekaar 40, Jeppe Boys’ High 0.

Frikkie Meyer 46 (13) – Drieë: Dave van Heerden (3), Dirk Coetzee, Francois Buys, Chrizaan Strauss. Doelskoppe: Strauss (5). Strafdoele: Strauss (2). Tom Naudé 0.
Ben Viljoen 27 (10) – Drieë: Louis du Plessis, Jaco Blignaut, Chris Jenkinson, Nimrod Lategan. Doelskoppe: Ruan Breedt, Ruan Human. Strafdoel: Breedt. Hans Strijdom 25 (10) – Drieë: Devan Palmer (2), Pierre Janse van Vuuren. Doelskoppe: Alexander Gregan (2). Strafdoele: Gregan (2).
Ander spanne:
Eerstespanne: Pietersburg II 36, Louis Trichardt 8; Piet Potgieter 43, Ellisras 17; Nylstroom 17, Warmbad 10.
o.16: Frikkie Meyer 34, Tom Naudé 12; Ellisras 24, Piet Potgieter 13; Nylstroom 48, Warmbad 19.
o.15: Frikkie Meyer 68, Tom Naudé 0; Piet Potgieter 5, Ellisras 3; Nylstroom 41, Warmbad 3.
o.14: Frikkie Meyer 76, Tom Naudé 0; Piet Potgieter 34, Ellisras 3; Nylstroom 56, Warmbad 0.
GROOTSKOLE
Potchefstroom Gimnasium 31 (23) – Drieë: Marnus van der Merwe, Jacques Jacobs, Jaswyn Damon. Doelskoppe: Damon (2). Strafdoele: Damon (4). Hoërskool Klerksdorp 24 (10) – Drieë: Riaan Scholtz (2), André Pretorius. Doelskoppe: Erich Hough (3). Strafdoel: Hough.
Ander spanne:
o.16: Klerksdorp 5, Potch Gimmies 5.
o.15: Potch Gimmies 36, Klerksdorp 10.
o.14: Klerksdorp 86, Potch Gimmies 0.

MEDIUMSKOLE
Vryburg 62 (36) – Drieë: Jean-Pierre Esterhuizen (2), Joubert Fourie (2), LoeanoMcCarthy (2), Wilhelm van der Merwe, Gert Jonker. Doelskoppe: André Kock (7). Strafdoel: Kock. Schoonspruit 3 (3) – Strafdoel: Jano van Zyl.
Ander spanne:
Eerstespanne: Bergsig Akademie 26, Hartbeespoort 5; Brits 52, HTS Rustenburg 14.
o.16: Vryburg 41, Schoonspruit 3; Bergsig 21, Hartbeespoort 5.
o.15: Schoonspruit 38, Vryburg 0; Bergsig 19, Hartbeespoort 12; Brits 34, HTS Rustenburg 5.
o.14: Schoonspruit 22, Vryburg 10; Hartbeespoort 17, Bergsig 12.

KLEINSKOLE
Koster 17 – Drieë: Ernst Hall, JP Williamson, Daniel Kloppers. Doelskop: Morné Aarts. Sannieshof 0.
Eerstespanne: Christiana 29, Stella 19.
o.15: Koster 46, Orkney 0.

MIDDELSKOLE
Schweizer-Reneke 22 – Drieë: Lombard Joubert, Shawn van Jaarsveldt, Tshepiso Mokwatsi, WP Einkamerer. Doelskop: Armand Naudé. Wolmaransstad 9 – Strafdoele: Fanus Pieterse (3).
Ander spanne:
Eerstespanne: Zeerust 73, Grenswag 5.
o.16: Wolmaransstad 19, Schweizer-Reneke 5.
o.15: Wolmaransstad 10, Schweizer-Reneke 5.
o.14: Wolmaransstad 24, Schweizer-Reneke 7.

GROOTSKOLE
Volksrust 54 – Drieë: SW van Wyk (2), Henrico Nel, Elwende Sangweni, Rickert Botha, Christiaan van der Merwe, Christopher Murray, Donell Griffiths, Armand de Graaff, Henro Odendaal. Doelskoppe: Van Wyk (2). Hoogenhout 14.
Secunda 69 – Drieë: Mark Jacobs (3), Righ Potgieter (2), Jacobus Beyleveldt (2), Steyn van den Heever, Stephan Kruger, Eric Louw, Dalton Smit. Doelskoppe: Potgieter (7). Rob Ferreira 16.
Ander spanne:
Eerstespanne: Standerton 33, Ermelo 29.
o.16: Secunda 19, Rob Ferreira 10; Hoogenhout 71, Volksrust 13; Ermelo 29, Standerton 17.
o.15: Secunda 7, Rob Ferreira 3; Hoogenhout 29, Volksrust 3; Standerton 49, Ermelo 14.
o.14: Secunda 34, Rob Ferreira 7; Hoogenhout 64, Volksrust 5; Standerton 22, Ermelo 18.
MAKROSKOLE
Kempton Park 57 (24) – Drieë: Pieter Prinsloo (3), Martin Louw (2), Tyrone MacMahoon, Delaan Kruger, Johan Marais. Doelskoppe: Francois Erasmus (6). Strafdoel: Erasmus. Hoërskool Rustenburg 5 – Drië: Schalk van der Merwe.
EG Jansen 82 – Drieë: Hendré Stassen (3), Dylan van der Walt (3), Erich Cronjé (3), Brandon Swartz, Marco Niemandt, Strafdrie. Doelskoppe: Ginter Smuts (11). Florida 15.
Jeugland 7 – Drie: Marinus Raven. Doelskop: Laurent Rowe. Vereeniging Gimnasium 53.
Ander spanne:
o.16: Rustenburg 12, Kempton Park 8; Vereeniging Gimnasium 45, Jeugland 7; EG Jansen 38, Florida 0.
o.15: Rustenburg 3, Kempton Park 0; Vereeniging Gimnasium 38, Jeugland 7; EG Jansen 35, Florida 12.
o.14: Kempton Park 43, Rustenburg 24; Jeugland 48, Vereeniging Gimnasium 0; EG Jansen 31, Florida 12.

GROOTSKOLE
Brandwag (Benoni) 29 – Drie: Marcel de Jager, Tylor Pienaar, Cobus Haasbroek, Aldo Fourie, Eckard van der Westhuizen. Doelskoppe: Martin Steyn (2). John Vorster (Nigel) 25.
Heidelberg Volkskool 18 – Drieë: Danie Tromp, Jan Kotze. Doelskop: Kotze. Strafdoele: Kotze (2). Oosterlig 0.
Hugenote (Springs) 43 – Drieë: Lenus Wilkinson (3), Rossouw Visser, Diaan de Beer, Dwayne Visser. Doelskoppe: Ivan Beetge (2), Wilkinson. Hans Moore 3 – Strafdoel: Justin Brink.
Ander spanne:
o.16: Brandwag 42, John Vorster 3; Oosterlig 45, Heidelberg Volkskool 3; Hugenote 54, Hans Moore 7.
o.15: Brandwag 46, John Vorster 10; Oosterlig 24, Hugenote 38, Hans Moore 0.
o.14: Brandwag 44, John Vorster 0; Heidelberg Volkskool 41, Oosterlig 0; Hans Moore 15, Hugenote 12.

MEDIUMSKOLE

AHS Sasolburg 53 – Drieë: Geraldo Damons (3), Reinard Homan (2), Aybrey Mofokeng, Shaun Janse van Rensburg, Quintin Pretorius, Lubabalu Makalima,Darren van Aarde. Doelskoppe: Raymond Thompson (4). Suiderlig 0.
Dr. Malan 23 – Drieë: Hendrik Beket, Arno Louw. Doelskoppe: Pieter van Vuuren (2). Strafdoele: Van Vuuren (3). HTS Sasolburg 22 – Drieë: Darren Mitchell, Dillon Malefanie, Heinrich van Tonder. Doelskoppe: Mitchell (2). Strafdoel: Mitchell.
Ander spanne:
Eerstespanne: Benoni High 38, Hoërskool Sasolburg 17.
o.16: Dr. Malan 33, HTS Sasolburg 12.
o.15: HTS Sasolburg 28, Dr. Malan 10.
o.14: Dr. Malan 45, HTS Sasolburg 10.

KLEINSKOLE
Eerstespanne: Primrose 15, Voortrekker (Boksburg) 10; Balfour 55, Johan Jurgens 0.
o.16: Voortrekker 20, Primrose 0; Balfour 15, Johan Jurgens 8.
o.15: Voortrekker 46, Primrose 0.
o.14: Primrose 26, Voortrekker 25.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.