Nog een spasie oop vir Kampioen van Kampioene-toernooi
Daar is nog ‘n laaste geleentheid vir ‘n span om vir homself ‘n plek in vanjaar se Kampioen van Kampioene-toernooi van die Hoërskole Sewes-reeks noord van Pretoria by Camp Discovery los te speel.
Die 11de been van die Hoërskole Sewes-reeks vind Saterdag by die Hoërskool Brandwag in Benoni plaas. ‘n Span wat nog sy plek sal wil bespreek, sal egter ‘n opdraende stryd beleef.
Drie spanne wat reeds hul plekke vir die toernooi by Camp Discovery bespreek het – Hoërskool Waterkloof, Montana en die Hoërskool Rustenburg sal in Benoni in aksie wees.
Klofies is as kampioen van die Bergvlam-toernooi gekroon, terwyl Montana in Tzaneen die kroon gedra het. Die Hoërskool Rustenburg is as kampioen gekroon van die toernooi wat hy aangebied het.
Die gasheer van Saterdag se toernooi, Brandwag, sal in sy groep Montana en Edenvale High moet klop indien hy ‘n kans wil staan. Waterkloof is saam met Hans Moore van Benoni en Oryx 7s in Groep B geloot.
Al die wedstryde op Brandwag se hoofveld sal regstreeks gebeeldsend word na Fanstream.co.za na jou slimfoon, tablet, skootrekenaar of SlimTV. Die eindstryd van die Beker-afdeling sal om 14:00 afskop.
Die Groepe is:
Groep A: Hoërskool Rustenburg, Nylstroom, Curro Cosmo City.
Groep B: Waterkloof, Hans Moore, Oryx.
Groep C: Hoërskool Alberton, Krugersdorp High, Montana II.
Groep D: Montana, Brandwag (Benoni), Edenvale High.
Die Bepalings:
A-veld – 08:30: Brandwag vs Edenvale High; 08:50: Oryx 7s vs Hans Moore; 09:10: Hoërskool Alberton vs Montana II; 09:30: Hoërskool Rustenburg vs Curro Cosmo City; 09:50: Montana vs Brandwag; 10:10: Waterkloof vs Oryx 7s.
B-veld – 08:30: Krugersdorp High vs Montana II; 08:50: Nylstroom vs Curro Cosmo City; 09:10: Montana vs Edenval High; 09:30: Waterkloof vs Hans Moore; 09:50: Hoërskool Alberton vs Krugersdorp High; 10:10: Hoërskool Rustenburg vs Nylstroom.




