Jones ster in wegholsege vir Luiperds in Coca-Cola Cravenweek
Griekwas het sy kragmeting teen OP-platteland met 42-20 op die tweede dag van die Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole gewen. Die span se flank, Leonard Barnard, het vir twee drieë oorgebars.
Die Poubloues het reeds in die eerste helfte beheer van die kragmeting geneem deur ‘n voortou van 25-8 in te neem. Die heealgter van OP-platteland, Claude Jacobs, het ‘n uitstekende drie gedruk na ‘n lynskop van die Griekwa-losskakel, Charles Williams, nie die kantlyn gevind het nie.
Die Luiperds het Zimbabwe met 72-17 op die tweede dag van die 54ste Cravenweek vir hoërskole in Johannesburg afgeslag.
Die span se heelagter, Bertru Jones, het drie van sy span se 11 drieë afgerond. Jones is ‘n speler wat nog vir homself ‘n naam in Suid-Afrikaanse rugby kan maak.
Die span se losskakel, Hanru van Rooyen, het 27 van sy span se punte in die wegholsege aangeteken. Van Rooyen het twee van sy span se drieë gedruk, met sewe doelskoppe geslaag en ook ‘n strafdoel tussen deur die pale gejaag.
Zimbabwe se linkervleuel, Tafadziswa Bunu, is in die tweede helfte met ‘n rooikaart van die veld gejaag na ‘n boorvat en hy reeds in die eerste helfte ‘n geelkaart van die skeidsregter, Johre Botha, ontvang het.
Namibië het met opwindende harldooprugby vanuit die boonste in die tweede van sy wedstryd teen die Valke sy teenstanders van die veld afgespeel. Die Biltongboere het die wedstryd met 52-36 gewen na hy teen rustyd met die telling op 19-31 met sy rug teen die muur was.
Namibië se flank Gilad Plaatjies het ‘n driekuns aan drieë behaal. Vir die Valke het sy skrumskakel, Ruben Beytell, soos gewoontlik ‘n hele paar verdedigers geflous en twee keer die doellyn oorgesteek. Die verloorspan se flank, Thabo Ndimande het ook dubbelle driedruk-plesier ervaar.

Puntemakers:
Griekwaland-Wes 42 (25) – Drieë: Leonard Barnard (2), Deon van Niekerk, Edrich Brand, Charles Williams, Ramon Sauls. Doelskoppe: Williams (3). Strafdoele: Williams (2). Oostelike Provinsie-platteland 20 (8) – Drieë: Claude Jacobs, Vivian Kapp, Callum Dugmore. Doelskop: Ralph Koster. Strafdoel: Koster.
Luiperds 72 (20) – Drieë: Bertru Jones (3), Hanru van Rooyen (2), Dirkie Kotze, Arno Gustafson, Gerald Nokama, Ruwald van der Merwe, Lohann Jahns, Mitchell van der Merwe. Doelskoppe: Van Rooyen (7). Strafdoel: Van Rooyen. Zimbabwe 17 (7) – Drieë: Mazvitaishe Nyamarebvu, Tadiwa Muchemwa, Tapiwa Marimira. Doelskop: Tinashe Hombiro.
Namibië 52 (19) – Drieë: Gerswin Mouton (3), Gilad Plaatjies (2), Denna Bruwer, Le Roux Booysen, Justin Muir. Conversions: Bruwer (6). Valke 36 (31) – Drieë: Ruben Beytell (2), Thabo Ndimande (2), Wesley Noeth. Conversions: Dylan Schwartz (4). Penalty: Schwartz.




