SuperSport Schools Plus

Monnas systap verleentheid van SA Schools Challenge Trust om steeds fees aan te bied

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2021-04-16 Tags:

Logo FinalDie Hoërskool Monument is besig om te red wat te redde is, om steeds volgende week ‘n rugbyfees ter viering van die skool se 100ste bestaansjaar te vier. Die skool se rugby breintrust met Tjaart van der Walt en Wynand Moolman is hard besig om alles in plek te sit sodat die skool steeds volgende week ‘n rugbyfees aan te bied.

Die fees wat gekanseleer is, sou deur die SA Schools Challenge Trust onder voorsitterskap van Bart Schoeman aangebied word. Nog ‘n lid van die bestuur van die SA Schools Challenge Trust, Carl Fabian, het gister tydens ‘n vergadering besluit om te bedank na hulle nie ‘n borg vir die toernooi kon verseker nie.

Die SA Schools Challenge Trust het in ‘n verklaring op Fabian se webblad, Ruggas.co.za, genoem dat “oorweldigende druk wat veroorsaak is deur die Covid 19-pandemie” tot die kanselasie van die fees bygedra het, maar daar word geen duidelike redes in die verklaring weergegee nie.

Moolman het op ‘n plasing op sosiale media van die verklaring genoem dat Fabian in “etlike vergaderings” die betrokke partye verseker het dat alle borge in plek was. Fabian is glo nie meer welkom by die Hoerskool Monument na die gebeure vroeer in die week nie.

Goeie nuus is dat Van der Walt en Moolman daarin geslaag het om seker te maak dat meeste van die skole steeds volgende naweek op die Ras van Rooyen in aksie sal wees. Dit blyk slegs Maritzburg College te wees, wat besluit het om nie volgende naweek na Krugersdorp te reis nie.

“Ek dink dit is net belangrik dat die seuns na meer as ‘n jaar die geleentheid kry om rugby te speel,” het Van der Walt, direkteur van rugby by Monnas, gese.

Van die land se voorste skole sal volgende naweek in Krugersdorp in aksie wees met skole soos Paarl Gimnasium, die Hoër Jongenskool Paarl, Outeniqua, Grey College, Garsfontein, Glenwood, Affies, Stellenberg, Hoërskool Rustenburg, Helpmekaar, Waterkloof, EG Jansen, Welkom Gimnasium, Menlopark, Noord-Kaap, Hoërskool Nelspruit, Diamantveld, Noordheuwel en Pretoria Boys’ High wat almal in aksie sal wees.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.