Monnas stamp Waterkloof in laaste Noordvaal-wedstryd voor vakansie
Die eerste rugbyspan van die Hoerskool Monument het met ‘n oortuigende sege van 64-15 oor Waterkloof op sy tuisveld, die Ras van Rooyen, in Krugersdorp seker gemaak dat hy die span is om te klop in vanjaar se Noordvaal-trofee.
Monnas het teen rustyd ‘n voorsprong van 26-10 opgebou. Dit was egter ‘n drie vanaf die afskop vir die tweede helfte deur die Wit Bulle se heelagter, Jody Schambreel, wat die wind uit Klofies se seile geneem het.
Schambreel het die bal vanaf die afskop gevang en regdeur Waterkloof se verdediging gekloof om ‘n skitterende drie af te rond.
Monnas se Cravenweek loskopstut, Sifiso Magwaza, het met sy kraglopies vir die besoekers probleme besorg. Die haker, Jan Botes, het ook goeie aansluiting by die agterlyn gevind en twee driee afgerond.
Waterkloof se agtsteman, Zander Thirion, het met ‘n pragtige lopie aan die einde van die kragmeting gesorg dat sy span se vertoning beter op die telbord vertoon. Thirion het ‘n lopie van oor die 50 meter ingesit voordat hy die vleuel, Happy Mokate, vir die drie oorgestuur het.
Thirion is in die Blou Bulle se Akademie-span ingesluit, terwyl Mokate die Ligbloues later vanjaar op die Cravenweek in Kaapstad sal verteenwoordig.
Soos gewoonlik was die buitensenter van Monnas, Zain Henery, gevaarlik op die aanval en het ‘n hele paar keer gapings in Klofies se verdediging gevind.
Die wedstryd was vir die eerste ronde van die Beker-kompetisie van die Noordvaal-trofee bepaal, maar Waterkloof moes weens ‘n hele paar Covid-gevalle die kragmeting noodgedwonge uitstel.
Monnas se Wit Bulle is die enigste onoorwonne span oor in die Beker-kompetisie. Die span van Krugersdorp moet nog sy wedstryd teen HTS Middelburg se Rooi Bulle ook speel wat uitgestel is weens siekte in Middelburg.
Puntemakers:
Monument 64 (26) – Driee: Jan Botes (2), Keano Ebersohn, Zain Henery, Marcey de Waal, Jody Schambreel, HJ de Beer, Sifiso Magwaza, Conrad Sevenster, Christi Botes. Doelskoppe: Tyler Sefoor (7). Waterkloof 17 (10) – Driee: Guillaume Marais, Happy Mokate. Doelskoppe: Thorn Bester (2). Strafdoel: Bester.
- SDC Noordvaal Cup Results – 10 Mei 2025 - 2025-05-10
- School Rugby Results – 10 May 2025 - 2025-05-10
- Markötter Fortress: Unbeaten Gim returns to their second home - 2025-05-09