Monnas kampioen van Noordvaal Sewes vir die tweede keer
Dit het ‘n drie in die doodsnikke van die eindstryd gekos, maar Monument van Krugersdorp het daarin geslaag om die eerste span in die kort geskiedenis van die Noordvaal Sewes-toernooi (o.17) te word om ‘n tweede titel te verower.
Monnas se Ruben Barnard het die wendrie gaan druk net voor die sirene om aan sy span ‘n oorwinning van 21-14 oor Transvalia te besorg.
Dit was ook ‘n soete sege vir Monnas se breier, Tjaart van der Walt, wat in al drie die vorige toernooie met ‘n silwermedalje tevrede moes wees na hy Garsfontein elke keer tot die eindstryd gebrei het, maar dan oor die laaste hekkie gestruikel het. Van der Walt het saam met Andries Botha die kampioen gebrei. Botha is die broer van die Springbok Arno Botha.
Interresant is dat Monnas en Transvalia in dieselfde groep geloot was. Monnas het die groepwedstryd tussen die twee spanne ook naelskraaps met 17-15 gewen. Douw Scheepers is vir sy vertoning in die eindstryd as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Monument het in die halfeindronde vir Garsfontein met 29-14 verslaan. Transvalia het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 17-5 oor Kempton Park bespreek. Garsies het derde geëindig na hulle te sterk vir Kempies (45-7) in die uitspeelwedstryd was. Die stewige Johandre Buitendag was die groot doring in Kempies se vlees.
Die gasheer, Menlopark, het self ‘n goeie toernooi beleef, maar moes met die vyfde posisie tevrede wees. Menlo het in die kwarteindronde teen die uiteindelike kampioen met 31-26 die onderspit gedelf.
Al die uitslae:
Groep A: Garsfontein 24, EG Jansen 12; Ben Vorster 14, Nelspruit 7; Garsfontein 26, Ben Vorster 19; Nelspruit 21, EG Jansen 19; EG Jansen 35, Ben Vorster 5; Garsfontein 19, Nelspruit 14.
Groep B: Kempton Park 33, Pietersburg 21; Noordheuwel 19, Zwartkop 5; Kempton Park 10, Noordheuwel 5; Zwartkop 26, Pietersburg 26; Pietersburg 19, Noordheuwel 12; Kempton Park 36, Zwartkop 14.
Groep C: Monument 43, Oos-Moot 5; Transvalia 26, Potchefstroom Gimnasium 19; Monument 17, Transvalia 15; Potchefstroom Gimnasium 19, Oos-Moot 12; Transvalia 34, Oos-Moot 7; Monument 22, Potchefstroom Gimnasium 17.
Groep D: Hoërskool Middelburg 28, Menlopark 21; Waterkloof 24, Helpmekaar 14; Hoërskool Middelburg 26, Helpmekaar 14; Menlopark 33, Waterkloof 24; Menlopark 26, Helpmekaar 21; Hoërskool Middelburg 19, Waterkloof 19.
Kwarteindstryde – Bowl: Nelspruit 35, Zwartkop 5; Noordheuwel 21, Ben Vorster 19; Waterkloof 31, Oos-Moot 7; Helpmekaar 28, Potchefstroom Gimnasium 12. Beker: Garsfontein 32, Pietersburg 10; Kempton Park 15, EG Jansen 14; Transvalia 33, Hoërskool Middelburg 19; Monument 31, Menlopark 26.
Halfeindstryde – Skild: Potchefstroom Gimnasium 28, Zwartkop 12; Ben Vorster 26, Oos-Moot 21. Bowl: Nelspruit 33, Helpmekaar 7; Waterkloof 21, Noordheuwel 14. Plaat: Menlopark 50, Pietersburg 7; Hoërskool Middelburg 32, EG Jansen 31. Beker: Monument 29, Garsfontein 14; Transvalia 17, Kempton Park 5.
Uitspeelwedstryde – 3/4: Garsfontein 45, Kempton Park 7.
Eindstryde – Skild: Ben Vorster 15, Potchefstroom Gimnasium 5. Bowl: Hoërskool Nelspruit 31, Waterkloof 12. Plaat: Menlopark 30, Hoërskool Middelburg 7. Beker: Monument 21, Transvalia 14.
Vorige Eindstryde (2014-2017):
| 2017 | Monument | 21 | Transvalia | 14 |
| 2016 | EG Jansen | 40 | Garsfontein | 17 |
| 2015 | Monument | 36 | Garsfontein | 5 |
| 2014 | HTS Middelburg | 31 | Garsfontein | 24 |




