SuperSport Schools Plus

Monnas bult spiere in Beeld-trofee

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-05-26

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Monument het Saterdag teen Florida sy spiere in die Beeldtrofee gebult. Monnas het dié aanskoulike kragmeting met 32-19 gewen.

Dit terwyl Marais Viljoen, die ander span wat in die Leeus-streek in die makroskole-afdeling meeding, teen EG Jansen ’n drag slae van 96-16 op die lyf geloop het.

Hoewel die telbord Florida ’n bietjie vlei, was die kragmeting vol opwinding.

Monnas se vleuel, Armand Koster, het drie drieë gedruk.

Hy het ook amper ’n vierde keer oor die doellyn gebars.

Hy het met sy een drie die volle lengte van die veld genael nadat sy span omgekeerde besit op sy eie doellyn bewerkstellig het.

Die wenspan se haker, Vean Roodt, het ’n ongelooflike wedstryd met die bal in die hand beleed.

Hy het verskeie kere met sy stormlopies ver veld vir Monnas gewen. Die slot en hoofseun van die skool, Rhyno Herbst, het seker een van sy beste vertonings in ’n lang ruk vir sy skool se eerste¬span opgedis. Hy het goed in die lynstane gerank en sy losspel was van hoogstaande gehalte.

) Hoewel EG Jansen en Marais Viljoen se wedstryd slegs ’n vriendskaplike een was, moet daar vermeld word dat die wenspan se senter, Delano Kotze, nie minder nie as 31 van sy span se punte aangeteken het nie. Hy het een drie gedruk en 13 van sy span se 14 drieë verdoel. Hy het nie een stelskop na die pale verbrou nie.

) HTS Middelburg het sy belangrike Beeldtrofee-wedstryd teen Hoërskool Nelspruit met 33-23 gewen. Die Rooi Bulle se heelagter, Barend Smit, het sy goeie vertoningslys vanjaar voorgesit en 23 punte in die sege opgestapel. Hy het een van sy span se drie drieë gedruk, almal daarvan verdoel en ook met vier strafdoele geslaag.

) Centurion het so byna daarin geslaag om Affies vir die eerste keer sedert 1975 te klop, maar moes Saterdag die knie met 20-21 buig. Centurion het toe nog as Hoërskool Verwordburg bekend gestaan en was daardie jaar met 10-0 in die twee spanne se kragmeting baas. Die twee skole het wel ook in 1983 met 6-elk gelykop gespeel.

Vir Centurion was die slot Ettienne Matthys, stut Jaco Jacobs, vleuel Ruan du Preez en losskakel Hendrik Mulder puik. Centurion het met rustyd 17-12 voorgeloop.

) Garsfontein het Menlopark met 41-29 uit die pad in hul Beeldtrofee wedstryd gestamp.

Die wenspan se vleuel, Shakeel Fredericks, het ’n driekuns aan drieë behaal, terwyl die span se skrumskakel, Embrose Papier, weer in ’n klas van sy eie was. Voorlangs het die flank, Ruan Ackermann meer as sy deel gedoen.

Vir die verloorspan was sy kaptein en kantman, Justin Meintjies, sy beste speler.

Eldoraigne het Zwartkop met 33-8 in hulle jaarlikse ENB Classic Clash getroef.

) In die Valke-streek het Vereeniging Gimnasium se losskakel, Erjee Heenop, met sy skopskoen ’n beduidende aandeel in sy span se sege van 31-12 oor Die Anker gehad.

Heenop het drie doelskoppe, twee strafdoele en twee skepdoele deur die pale gejaag.

Kemptonpark het self ’n oortuigende sege van 55-3 oor Jeugland behaal.

Die wenspan se heelagter, Marnus Gruber, het 18 punte tot sy span se totaal bygedra.

 

>Affies 21 (12) – Drieë: Henco Jordaan, Gavin Foster. Doelskop: Eddie Fouché. Strafdoele: Fouché (3). Centurion 20 (17) – Drieë: Ruan du Preez, Lee-mone Stander. Doelskoppe: Hendrik Mulder (2). Strafdoele: Mulder (2).

Zwartkop 8 – Drie: Vian de Beer. Strafdoel: Stuart Anderson. Eldoraigne 33.

Pretoria-Noord 20 – Drieë: Kabous Steenkamp (2). Doelskoppe: Theunis Sauer (2). Strafdoele: Sauer, Louwtjie Louw. Overkruin 14.

Makro skole – Eerste spanne: Garsfontein 41, Menlopark 29; Waterkloof 33 Helpmekaar 18; Pretoria Boys’ High 22, Parktown Boys’ High 15. o.16: Menlopark 18, Garsfontein 14; Eldoraigne 33, Zwartkop 12. o.15: Menlopark 43, Garsfontein 0; Eldoraigne 14, Zwartkop 6. o.14: Garsfontein 22,Menlopark 20; Zwartkop 21, Eldoraigne 3.

Groot skole – Eerste spanne: Oos-Moot 27, Gerrit Maritz 3. o.16: Pretoria-Noord 23, Overkruin 22. o.15: Pretoria-Noord 31, Overkruin 5. o.14: Pretoria-Noord 37, Overkruin 5.

Medium skole – Eerste spanne: Southdown-kollege 29, Midstream-kollege 19.

) LEEUS

Monument 32 – Drieë: Armand Grobler (3), Ashley Carr, Gavin Delport. Doelskoppe: Wikus van Biljon (2). Strafdoel: Van Biljon. Florida 19.

Jeppe 28 – Drieë: S’usiso Nkosi, Ryan du Bell, Jethro de Lange. Doelskoppe: Bradley Robins (2). Strafdoele: Robins (3). HTS John Vorster 13.

Groot skole – Eerste spanne: Linden 37, Jan Viljoen 7. o.16: Linden 42, Jan Viljoen 7. o.15: Jan Viljoen 21, Linden 5. o.14: Linden 36, Jan Viljoen 5.

Ander – Eerste spanne: Jeppe 28, HTS John Vorster 13; Bastion 39, Dinamika 19; St. Benedict-kollege 67, St. Stithian-kollege 35; Bekker 24, President 15.

) LIMPOPO

Hans Strijdom 38 – Drieë: Pierre Janse van Vuuren, Willie Botha, Jacques Hattingh, Willem Dreyer, Jan-Louis Senekal, Jacques Pretorius. Doelskoppe: Conrad Engelbrecht. Warmbad 10.

Heuwelkruin 24 – Drieë: Gideon de Kock (2), Wessel Pretorius, Janru Venter. Doelskoppe: Devon Venter (2). Eric Louw 22 – Drieë: Joe Mathe, Kevin van Vuuren, Walter Nesindande. Doelskoppe: Charlie du Plessis (2). Strafdoel: Ipfi Mphugana.

Eerste spanne: Hoërskool Pietersburg 50, Louis Trichardt 17; Montana 17, Frikkie Meyer 15; Ben Viljoen 34, Piet Potgieter 0; Frans du Toit 32, Merensky 15. o.16: Hans Strijdom 70, Warmbad 3; Ben Viljoen 43, Piet Potgieter 19; Heuwelkruin 67, Eric Louw 7; Hoërskool Pietersburg 70, Louis Trichardt 3; Frans du Toit 19, Merensky 12. o.15: Ben Viljoen 57, Piet Potgieter 5; Hans Strijdom 36, Warmbad 0; Heuwelkruin 22, Eric Louw 13; Hoërskool Pietersburg 22 Louis Trichardt 14; Frans du Toit 17, Merensky 12. o.14: Ben Viljoen 19, Piet Potgieter 10; Hans Strijdom 39, Warmbad 5; Hoërskool Pietersburg 24, Louis Trichardt 22; Merensky 22, Frans du Toit 7.

) LUIPERDS

Hoërskool Klerksdorp 9: Strafdoele: Eric Hough (3). Lichtenburg 13.

Koster 48: Drieë: Zep van Wyk (3), Morné Aarts (2), Dolf Burger, AJ Lidderd, JP Greyling. Doelskoppe: Van Wyk (4). Zeerust 28.

Eerste spanne: Potch Gimmies 20, Potch Volkies 17; Brits 18, Grenswag 13; Bersig-akademie 29, HTS Rustenburg 5; Hoërskool Rustenburg 18, Wonderboom 16. o.16: Potch Volkies 27, Potch Gimmies 0; KHS 19, Lichtenburg 16. o.15: Potch Gimmies 20, Potch Volkies 14; KHS 17, Lichtenburg 15. o.14: Potch Gimmies 20, Potch Volkies 7; KHS 29, Lichtenburg 14.

) PUMAS

HTS Middelburg 33: Drieë: Stephan Enslin, Barend Smit, Jan Rens. Doelskoppe: Smit (3). Strafdoele: Smit (4). Hoërskool Nelspruit 23: Mauro Buchachane, Oschar Schultz. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoele: Muller (3).

Standerton 26: Drieë: Danny Myburgh, Mfundo Ndlovu, Chris van der Merwe, Riaan Groenewald. Doelskoppe: Groenewald (3). Ermelo 6.

Secunda 35: Drieë: Bongeka Mahlangu, Dillen Erasmus, Coenie Deysel, Jean-Luc Mynhard. Doelskoppe: Christiaan Naudé (3). Strafdoele: Naudé (3). Piet Retief 24.

Makro Skole – o.16: Nelspruit 19, HTS Middelburg 5. o.15: HTS Middelburg 26, Nelspruit 10. o.14: Nelspruit 36, HTS Middelburg 0.

Ander – Eerste spanne: Hoërskool Middelburg 29, HTS Witbank 23; Oosterland 19, Lydenburg 0; Generaal Hertzog 41, Rob Ferreira 10; Ligbron 47, Hoogenhout 13. o.16: Ermelo 23, Standerton 0; Rob Ferreira 28, Generaal Hertzog 7; Lydenburg 33, Oosterland 5; Secunda 10, Piet Retief 6; Ligbron 10, Hoogenhout 0. o.15: Ermelo 38, Standerton 8; Rob Ferreira 46, Generaal Hertzog 0; Lydenburg 43, Oosterland 0; Secunda 13, Piet Retief 3; Ligbron 29, Hoogenhout 12. o.14: Standerton 22, Ermelo 10; Rob Ferreira 5, Generaal Hertzog 0; Lydenburg 22, Oosterland 7; Piet Retief 12, Secunda 10; Hoogenhout 26, Ligbron 12.

) VALKE

Kemptonpark 53: Drieë: Hanno van Tonder (2), Daniel Terblanche, Marnus Gruber, Thinus Grundlingh, Joe Meyer, Pieter Prinsloo, Martin Louw. Doelskoppe: Gruber (5). Strafdoel: Gruber. Jeugland 3.

Vereeniging Gimnasium 31: Drieë: Morné Labuschagne, Jacquine de Villiers, Visser van der Bank. Doelskoppe: Erjee Heenop (3). Strafdoele: Heenop (2). Skepdoele: Heenop (2). Die Anker 12.

Benoni High 24: Drieë: Smanga Moalusi, Michael Harrison, Aidan van Zyl, William Thomson. Doelskoppe: Wolgang Reed (2). Springs Boys’ High 12.

Makro skole – o.16: Vereeniging Gimnasium 12, Die Anker 12; Kemptonpark 55, Jeugland 8; o.15: Die Anker 11, Vereeniging Gimnasium 7; Kempton Park 69, Jeugland 0; o.14: Die Anker 34, Vereeniging Gimnasium 0; Kempton Park 56, Jeugland 0;

Groot skole – Eerste spanne: Hugenote 43, Hans Moore 6; Transvalia 35, Heidelberg 10; Oosterlig 40, Elspark 7. o.16: Hugenote 26, Hans Moore 0; Transvalia 16, Heidelberg Volkskool 10; Oosterlig 38, Elspark 0; NBenoni High 16, Springs Boys’ High 0. o.15: Hugenote 52, Hans Moore 0; Transvalia 48, Heidelberg Volkskool 7; Oosterlig 49, Elspark 0; Springs boys High 30, Benoni High 15. o.14: Hugenote 12, Hans Moore 5; Transvalia 35, Heidelberg Volkskool 0; Oosterlig 57, Elspark 0; Benoni High 8, Springs Boys’ High 5.

Medium skole – Eerste spanne: Heilbron 19, Parys 5; Die Ankerskool 80, Vanderbijlpark 0; o.15: Parys 22, Heilbron 5; Vanderbijlpark 31, Die Ankerskool 15.

Ander – Eerste spanne: EG Jansen 96, Marais Viljoen 16; HTS Sasolburg 36, Suiderlig 7.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.