Midstream se Kwena Mojapelo breek o.14 Naelloop rekords
Midstream College se jong naelloper, Kwena Mojapelo (o.14) het vir heelwat opwinding tydens die jaarlikse Pretoria A-Bond Interhoër in die Pilditch-stadion gesorg.
Hy het die 100m-rekord verpletter in 10.87 sekondes. Dié rekord staan reeds sedert 2002 agter die naam van Diego Snyers (Oos-Moot) op 11.38 sekondes.
Mojapelo het ook in die 200m ‘n nuwe rekord opgestel deur die nommer in 22.30 sekondes af te blits.
Gepraat van Oos-Moot.
Hulle is dalk gerelegeer na die B-Bond vir volgende jaar, maar hul seuns-aflosspan (o.19) het vir een van die hoogtepunte van die byeenkoms gesorg. Die viertal bestaande uit Ruwan Allen, Tapiwa Rwafa, Wade Williams en Gordon Maluleke het weer soos in 2019 goud in dié nommer verower.
Oos-Moot het in 2019 vriend en vyand verras deur vir Affies se Witblitse hakskene te wys. Hulle het die keer weer so gemaak, toe Maluleke 41.45 sekondes na die skoot oor die eindstreep hardloop.
Finaal Seuns o.19 4x100m Aflos
1ste: Oos-Moot – 41.45
2de: Menlopark – 41.63
3de: Affies – 42.09
Die Oos-Moot aflosspan: Ruwan Allen (wegspring), Tapiwa Rwafa (eerste oorgee), Wade Williams (tweede oorgee), Gordon Maluleke (wenpaal), en Nick Venter (reserwe).
Seuns o.19 200m
1ste: Roland Grosskopf (Menlopark) – 21.17
2de: Gordon Maluleke (Oos-Moot) – 21.55
Seuns o.19 100m
1ste: Roland Grosskopf (Menlopark) – 10.6
Seuns o.15 800m
1ste: Emil Els (Affies) – 1:54.76 – Nuwe rekord
Seuns o.15 1500m
1ste: Emil Els (Affies) – 04:02.04
Seuns o.15 3000m
1ste: Emil Els (Affies) – 09:02.66 – Nuwe rekord
Seuns o.17 1500m
1ste: Marcel Brits (Monument) – 03:56.85
Seuns o.16 110m Hekkies
1ste: Van Zyl Venter (Monument) – 13.45 – Nuwe rekord
Seuns o.19 110m Hekkies
1ste: Werner Bezuidenhout (Menlopark) 13.70
Seuns o.19 400m Hekkies 91.4cm
1ste: Justin van Vuuren (Affies) – 52.72
2de: Werner Bezuidenhout (Menlopark) – 56.19