Merensky blaf nou tussen die groot honde in die SDC Noordvaal Cup
Daar sal ongetwyfeld groot opgewondenheid Saterdag in Tzaneen wees, met Merensky was sy buiging tussen die groot honde van Afdeling 1 van die SDC Noordvaal Cup op Plasie-park sal maak.
Merensky skop sommer sy aanslag in die Bowl-kompetisie teen Hoërskool Eldoraigne se Groen Drake af.
Eldos sal ver moet gaan delf om dalk ‘n wedstryd op te spoor waar hulle teen Merensky in Tzaneen te staan moes kom.
Die Groen Drake het wel al ‘n keer of wat die afgelope paar jaar teen Ben Vorster van Tzaneen te staan gekom.
Merensky het verlede jaar nog in Afdeling 2 van die Noordvaal-trofee (deesdae die SDC Noordvaal Cup) gespeel. Kyk gerus uis na die binnesenter, Clifford Ledwaba, asook die skrumskakel, Dirk de Nysschen, wat die besoekers agterlangs probleme kan besorg.
Merensky sal ook wonder of hulle dubbelle visie het, maar dis net die Diffenthal-tweeling, Willie en Wickus, wat in die voorry vir Eldos sak. Willie op vaskopstut, terwyl Wickus vanaf haker sal poog om ‘n paar vaskoppe te haak.
Eldoraigne het vanjaar in die nuwe NWU-reeks deelgeneem tussen swaargewigte soos EG Jansen en Menlopark wat in die boonste kompetisie van Afdeling 1 speel. Eldos het in sy laaste wedstryd teen Menlopark met 33-elk gelykop gespeel.
Wesvalia se afrigters sal hoop dat hul span op alle silinders vuur vir vandag se kragmeting teen die Hoërskool Alberton op laasgenoemde se tuisveld.
Die Bruin Bere van Klerksdorp sou nie te gelukkig oor hulle vertoning tydens die NWU Prestige-reeks gewees het nie, maar sal hul lippe aflek om sake in die Noordvaal-reeks reg te stel.
In Potchefstroom sal Potch Volkskool teen Dr. Malan van Meyerton in nog ‘n Bowl-kompetisie kragmeting te staan kom.
Die spanne is:
Merensky vs Eldoraigne op Plasie-park in Tzaneen om 12:45:
Merensky: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Heinrich Lubbe, 13 Klokke Mohlala, 12 Clifford Ledwaba, 11 Mahlatse Semosa, 10 Byron Hendricks, 9 Dirk de Nysschen, 8 Waldie Haasbroek, 7 Tian Viljoen-Krugel, 6 Hardus Terblanche, 5 Zander Heydenrych, 4 Luan Verster, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos Cha-Cha, 1 Divan Pietersen.
Eldoraigne: 15 Rynhardt Gelderbloem, 14 Xander Marx, 13 Hendru van Zyl, 12 Marchand Nel, 11 Juan Bothma, 10 Reynier Kidson, 9 Donnevin Naude, 8 Johan Coetzee, 7 Divan de Jager, 6 Anroux du Plessis, 5 Myburgh van Wyk, 4 Shane Henery, 3 Willie Diffenthal, 2 Wickus Diffenthal, 1 Jaco Fourie.
Hoërskool Alberton vs Wesvalia in Alberton om 12:15:
Hoërskool Alberton: Nie beskikbaar.
Wesvalia: 15 Richardt van Heerden, 14 Teboho Sekonyela, 13 Xander Smit, 12 Deon Viljoen, 11 Werner Kruger, 10 Philip Janse van Rensburg, 9 Chad Hofmeyr, 8 Hanré Venter, 7 Hennoh Visser, 6 Francois Dumond, 5 Junior Kuhn, 4 Vian Botes, 3 Koos Kleynhans, 2 André Taute, 1 Heinrich Jansen van Vuuren.
Potchefstroom Volkskool vs Dr. Malan in Potchefstroom om 12:20:
Potchefstroom Volkskool: Nie foon geantwoord nie.
Dr. Malan: Nie beskikbaar.