SuperSport Schools Plus

Marlow Landbou slegs vyf keer vanjaar op sy tuisveld

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-02-12

NuusG MarlowLandbouDie rugbyspan van Marlow Landbou gaan in 2014 weer vele kilometers afle om sy staal te toon. Die span van Cradock speel slegs vyf van sy 17 wedstryde op sy tuisveld vanjaar.

Die Wolramme skop sy seisoen teen Hoerskool Noord-Kaap in Kimberley op 8 Maart af. Die span sal daarna teen Hoerskool Oudtshoorn op sy tuiveld op 15 Maart te staan kom. Die span sal daarna eers weer voor sy tuisskare op 10 Mei uitdraf wanneer hy teen Jim Fouche van Bloemfontein in die twee spanne se jaarlikse interskole te staan kom. 

Marlow Landbou kom op die King Edward VII se Paas-toernooi teen Eldoraigne, Rondebosch Boys’ High en Menlopark te staan. Die span sal ook op Grey Boys’ High School se fees in Port Elizabeth in aksie wees. Hier sal hy sake teen Westville Boys’ High en Windhoek Gimnasium sake uitspook. 

Marlow Landbou se jaarlikse kragmetings teen Diamantveld van Kimberley en Landboudal van Jacobsdal het in die slag gebly. Die span sal vir sy ENB Classic Clash na Riversdal toer om Oakdale Landbou te pak. Die span se ander groot derby is teen Die Brandwag van Uitenhage. 

The fixtures: 

DatumWedstrydPlek
8 Maart 2014Marlow Landbou vs. Noord-KaapKimberley
15 Maart 2014Marlow Landbou vs. OudtshoornMarlow
21 Maart 2014 Marlow Landbou vs. Grey Boys’ High SchoolGraeme College Rugbydag
22 Maart 2014Marlow Landbou vs. SwartlandDespatch Sportfees
29 Maart 2014Marlow Landbou vs. Westville Boys’ HighGrey PE
31 Maart 2014Marlow Landbou vs. Windhoek GimnasiumGrey PE
12 April 2014Marlow Landbou vs. Die Brandwag Uitenhage
17 April 2014Marlow Landbou vs. EldoraigneKing Edward VII Paas-toernooi
19 April 2014Marlow Landbou vs. Rondebosch Boys’ HighKing Edward VII Paas-toernooi
21 April 2014Marlow Landbou vs. MenloparkKing Edward VII Paas-toernooi
26 April 2014Marlow Landbou vs. Nico Malan Humansdorp
10 Mei 2014Marlow Landbou vs. Jim Fouche Marlow
24 Mei 2014Marlow Landbou vs. Hudson Park Marlow
31 Mei 2014Marlow Landbou vs. Framesby Marlow
26 Julie 2014Marlow Landbou vs. St. Andrew-kollegeGrahamstad
2 Augustus 2014Marlow Landbou vs. Oakdale LandbouRiversdal
9 Augustus 2014Marlow Landbou vs. HTS Daniel Pienaar Marlow 

 

Hannes Nienaber