SuperSport Schools Plus

Marlow Landbou slag Diamantveld af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-29

Marlow Landbou het Saterdag, 25 Mei teen Hoërskool Diamantveld kragte gemeet op Marlow. Marlow klop vir Diamantveld 58-5.

Marlow het reg vanaf die staanspoor met hul voorspelers die tuisspan aangevat met fisieke spel. Die Wolramme se pak voorspelers het met elke geleentheid die bal met krag-rugby gedra en ook op die verdediging was daar geen genade getoon nie. Marlow druk vier drieë in die eerste helfte. Nelius van Heerden (6), Hannes Viljoen (5), Chuiner van den Heever (11) en Hannes Botha (14) het almal vir die tuisspan agter die doellyn gaan kuier. Diamantveld het ook met elke geleentheid aangeval en word beloon met ‘n drie. Halftydtelling was 20-5 in Marlow se guns.

In die tweede helfte het Marlow gesorg vir briljante rugby. Die voor-en agterspelers het baie goed saam gespeel en dit is veral die interaksie spel wat uitstaande was. Marlow was geduldig op die aanval en het geleenthede geskep deur goeie, konstruktiewe rugby.

Marlow druk ses drieë waarvan vier verdoel is deur Marlow se lossskakel, Heini Brümm. Diamantveld het geen antwoorde gehad vir Marlow se puik vaste fasette nie. Marlow moes egter werk vir al die punte wat hulle aangeteken het. Vir Marlow het Nelius van Heerden (6), Peet Schoeman (12), Ockert du Preez (7), Stephen Botha (4), Dirk van

Wyk (15) en Luigy van Jaarsveld (8) drieë gaan druk.

Marlow speel eerskomende Saterdag, 1 Junie, teen Hoërskool Framesby rugby in Port Elizabeth. Daar word klipharde rugby van beide skole verwag.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.