Marlow klop Brandwag op Uitenhage
Marlow het Saterdag, 12 April na Uitenhage gereis om rugby te speel teen Hoërskool Die Brandwag. Marlow het met 9 spanne gespeel en 6 van die wedstryde gewen. Die 0/14A, 0/15A en B, 0/16 A en B, 4de -, 3 de -, 2de – en 1ste spanne was in aksie. Saterdag was ’n warm dag op Uitenhage, maar al die spanne van beide skole het hulle beste gegee en pragtige rugby is gesien.
In die 1ste span wedstryd het die twee spanne goed teen mekaar opgeweeg. Brandwag val verwoed aan en binne 15 minute is hulle 10 – 0 voor na twee goeie drieë. Marlow slaag met ’n strafskop kort voor rustyd. Na Brandwag afgeskop het, na hierdie strafskop, druk Marlow ’n skittered drie met pragtige spel tussen Luigy van Jaarsveld en Nelius van Heerden. Die drie onder die pale word verdoel en rustyd is die telling dus gelykop 10 punte elk.
Na rustyd domineer Marlow die eerste 20 minute met veral skittered voorspelerspel waar elke speler sy kant bring. Melding moet gemaak word van NJ Oostuizen wat skittered hardloop met die bal en hy word dan ook beloon met ’n pragtige drie. Na 20 minute loop Marlow 27 – 10 voor, maar Die Brandwag kom met ’n uitstekende eindpoging en veral hulle agterlyn lyk elke keer gevaarlik as hulle begin hardloop. Hulle druk in hierdie tyd 2 drieë om die telling te neem na 27 – 22.
Marlow slaag egter effektief om elke Brandwag aanval te stuit en wen dan ook die wedstryd 27 – 22.
Die ander tellings van die dag is soos volg:
0/14A Marlow wen 43 – 5
0/15A Marlow verloor 26 – 3
0/15B Marlow verloor 28 – 9
0/16A Marlow verloor 43 -19
0/16B Marlow wen 22 – 17
4de spanne Marlow wen 31 – 10
3 de spanne Marlow wen 36 – 0
2de spanne Marlow wen 20 – 16
Die Marlow beleid om net teen skole te speel wat ons ten minste met 9 spanne kan akkommodeer beteken dat Marlow ook net teen skole speel wat normaalweg dubbeld die getal seuns het as Marlow. Marlow se eerste span het al vanjaar teen H/S Noordkaap van Kimberley, H/S Oudtshoorn, H/S Grey Port Elizabeth, Westville van Durban en H/S Windhoek Gimnasium gespeel. Net hierdie statistiek wys hoekom Marlow net in ’n ander klas is as ander plattelandse skole.
- Standard Bank Festival Season to showcase tomorrow’s stars - 2025-03-27
- School Rugby Results – 22 March 2025 - 2025-03-22
- Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle - 2025-03-22