Luiperds kies skadu Craven-span
Die Luiperds se o.18-keurders het drie spelers van die Hoërskool Vryburg in sy agterhoede vir sy “proefwedstryd” van Dinsdag teen die Leeus ingesluit. Die heelagter, Francois Pelser, buitesenter, Gert Jonker, en die losskakel, André Kock is almal leerlinge van Vryburg. Kock staan sedert dié span van Vryburg se toer vir die beseerde, BF van Staden, as sy skool se generaal in.
Slegs drie spelers wat verlede jaar vir die Luiperds op die Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga) in aksie was – Edmund Rheeder, Douglas Bruce-Smit (albei Klerksdorp) en Gerhard Steenekamp (Potchefstroom Gimnasium) is weer in die unie se span ingesluit. Hoewel hierdie nie die finale span vir die Cravenweek is nie, word daar nie gewoontlik veel aan spanne getorring nie.
Rheeder het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal en behoort saam met Steenekamp die span van die Noordwes se sleutelspelers later vanjaar op die Cravenweek in Stellenbosch te wees. Albei is sterk baldraers. Steenekamp het verlede jaar skitter spel vir die Luiperds se o.19-span in Saru se nasionale kompetisie gelewer.
Die span is:
15 Francois Pelser (Vryburg), 14 Y Nyembe (Vaal), 13 Gert Jonker (Vryburg), 12 Inus Vermeulen (Potchefstroom Gimnasium), 11 Dane Booysen (Wesvalia), 10 André Kock (Vryburg), 9 Christopher Coetzee (Rustenburg), 8 Edmund Rheeder (Klerksdorp), 7 Gerhard Steenekamp (Potchefstroom Gimnasium), 6 Sello Maaronhanye (HTS Potchefstroom), 5 Christopher Kemm (Rustenburg), 4 Johan Detman (Lichtenburg), 3 Douglas Bruce-Smith (Klerksdorp), 2 Juandré Joubert (Rustenburg), 1 Gololosego Magano (HTS Rustenburg).




