Louis Botha onttroon JF as kampioen
LOUIS BOTHA het die rugbyspan van Jim Fouché as die Vrystaatse A1-liga kampioen onttroon. Louis Botha het JF 30-18 op ‘n winderige veld van Hoërskool Fichardtpark in die eindstryd van die liga getroef.
Die kampioen het dit boonop sonder sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die flank Fifi Rampeta en Ox Nche vermag. Die twee het die nasionale span Saterdag teen Wallis tot ‘n oorwinning van 14-13 gehelp.
Hulle is albei egter terug vir die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) se halfeindstryd eerskomende Saterdag teen Hentie Cilliers van Virginia. Noord-Kaap van Kimberley en Voortrekker van Bethlehem sê mekaar in die ander halfeindstryd die stryd aan.
Louis Botha se senter Ali Mgijima was puik in die Vrystaatse eindstryd. Hy het ‘n paar harde duikslae op Jim Fouché se spelers uitgevoer. Die span se haker, Grayden Benn was voorlangs sy span se beste speler. Hoewel die wenspan se lynstaanspel in die hewige wind gesukkel het.
Louis Botha kon nie in die tweede helfte daarin slaag om punte aan te teken nie. Hy het rustyd 30-18 voorgeloop.
In die Vrystaatse B2-eindstryd het die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg vir Seonela 22-10 tot oorgawe gedwing. Die span sal nou vir Bultfontein in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se nuutste liga die Colt-liga pak. Bultfontein en die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron is die twee verteenwoordigers van die Griffons in die liga.
Die Hoërskool Blinkklip van Postmasburg wag in die ander halfeindstryd van die Colt-liga op Sandveld.
Vir Reddersburg het die senter Donovan Pretorius en slot Lukas Muller in die sege oor Seonela uitgeblink. Muller het 14 keer omgekeerde balbesit in die eindstryd verseker.
Puntemakers:
Louis Botha 30 (30) – Drieë: Ali Mgijima, Themba Songelwa, Sheldon Fortuin, Dale Koopman. Doelskoppe: Sharwin Cupido (2). Stradoele: Cupido (2). Jim Fouché 18 (11).
Reddersburg 22 (19) – Drieë: Donovan Pretorius, Luan Terblanché, Katli Moletsane. Doelskoppe: Zahn Momberg (2). Strafdoel: Momberg. Seonela 10 (10).