Louis Botha kampioen van sewes na gelykop uitslag
Louis Botha het met die trofee as kampioen van die Hoerskole Sewesreeks by Jim Fouche in Bloemfontein weggestap na ‘n opwindende eindstryd tussen hom en Welkom Gimnasium 19-elk gelykop geeindig het.
Louis Botha is as kampioen gekroon omdat hulle die eerste drie van die eindstryd gedruk het. Na drie minute se ekstra speeltyd was daar steeds niks tussen die twee spanne te kies nie.
Die eerste drie van die eindstryd is deur Teboho Rampai gedruk wat op die ou einde die sege aan sy span besorg het. Gimmies se sterspeler tydens die toernooi Wian van Staden het in die doodsnikke van die tweede helfte met ‘n drie wat deur sy kaptein Jason Wagman vervyf is die telling op 19-elk gelyk getrek om die wedstryd ekstra speeltyd toe te neem.
Al die uitslae:
Groep A: Louis Botha 62, Zastron 0; Welkom Gimnasium 31, Wilgerivier 19; Louis Botha 19, Welkom Gimnasium 15; Brandfort 31, Zastron 7; Welkom Gimnasium 61, Brandfort 5; Louis Botha 22, Wilgerivier 17; Wilgerivier 41, Brandfort 15; Welkom Gimnasium 87, Zastron 0; Wilgerivier 75, Zastron 0.
Groep B: Jim Fouche 53, New Horizon 0; Welkom Gimnasium II 14, Louis Botha II 10; Jim Fouche 32, Welkom Gimnasium II 10; President Steyn 48, New Horizon 12; Welkom Gimnasium II 52, President Steyn 5; Jim Fouche 21, Louis Botha II 7; Louis Botha II 34, President Steyn 12; Welkom Gimnasium II 41, New Horizon 0, Louis Botha II 51, New Horizon 7.
Halfeindstryde – Plaat: Brandfort 45, Louis Botha II 7; Wilgerivier 48, President Steyn 10. Beker: Welkom Gimnasium 33, Jim Fouche 10; Louis Botha 37, Welkom Gimnasium II 5.
Eindstryde – Plaat: Wilgerivier 46, Brandfort 7. Beker: Louis Botha 19, Welkom Gimnasium 19.




