SuperSport Schools Plus

Louis Botha kampioen van JF-sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-02-23

NuusG LouisBothaLOUIS BOTHA het Hentie Cilliers van Virginia as die kampioen van die Kimberley Express Jim Fouché sewes-toernooi in Bloemfontein onttroon. Louis Botha het in ‘n opwindende eindstryd 40-33 koning gekraai om die titel te verower.

Die kampioen se uitstaande speler was sonder twyfel Sharwin Cupido. Indien daar ‘n speler van die toernooi aangewys sou word, sou hy sonder twyfel met hierdie eerbewys weggestap het.

In 2013 was daar nie ‘n toernooi deur Jim Fouché aangebied nie. Hentie Cilliers het in 2012 se eindstryd vir Hoërskool Voortrekker van Bethlehem naelskraaps 29-28 verslaan.

Louis Botha het bo-aan Groep A geëndig nadat hy vir Landboudal (31-5), Wilgerivier (21-5) en HTS Sasolburg (42-10) verslaan het. Die span van die Rosestad het daarna in die halfeindstryd vir Jim Fouché 31-5 uit die pad gevee. Die gasheer moes met die derde plek tevrede wees nadat hy Wilgerivier van Frankfort 17-7 in dié uitspeelstryd uitoorlé het.

Henties het vir Witteberg (38-10), Jim Fouché (24-17) en Kimberley Boys’ High (62-0) in sy drie groepwedstryde geklop. In sy halfeindstryd het hy Wilgerivier 17-0 uitgeskakel. Kimberley Boys’ High het Zastron in die toernooi vervang nadat laasgenoemde onttrek het. Die span van die Diamantstad het die vorige week op die Koffiefontein sewes-toernooi met die kroon weggestap.

Die span van Virginia se Jonathan April en Jaywinn Juries was uitmuntend op die aanval, terwyl die span se Damian May se fisieke teenwoordigheid ook baie vir sy span beteken het. In die eindstryd het Louis Botha gou 21-0 voorgeloop. Die besoekers het egter terrug geveg en die telling 21-elk gelyk getrek waarna Louis Botha as oorwinnaars van die veld gestap het.

Wilgerivier het Landboudal 27-21 in hulle groepwedstryd geklop wat die span van Frankfort sekerlik ietwat met ‘n glimlag sou gelaat het. Landboudal het Wilgerivier verlede jaar as kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) onttroon. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.
Vir die span van Frankfort het Gerrie Muller, MJ Lourens en Stefan Bierman goed tydens die toernooi vertoon.

Al die uitslae:

Groep A: Jim Fouché 62 Kimberley Boys’ High 0; Hentie Cilliers 38 Witteberg 10; Hentie Cilliers 24 Jim Fouché 17; Witteberg 46 Kimberley Boys’ High 0; Jim Fouché 21 Witteberg 12; Hentie Cilliers 62 Kimberley Boys’ High 0.

Groep B: Louis Botha 31 Landboudal 5; Wilgerivier 22 HTS Sasolburg 10; Louis Botha 21 Wilgerivier 5; Landboudal 24 HTS Sasolburg 0; Louis Botha 42 HTS Sasolburg 10; Wilgerivier 27 Landboudal 21.

Uitspeelstryde: Witteberg 52 HTS Sasolburg 0; Landboudal 63 Kimberley Boys’ High 0; HTS Sasolburg 34 Kimberley Boys’ High 0; Witteberg 29 Landboudal 7; Jim Fouché 17 Wilgerivier 7.

Halfeindstryde: Hentie Cilliers 17 Wilgerivier 0; Louis Botha 31 Jim Fouché 5.

Eindstryd: Louis Botha 40 Hentie Cilliers 33.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.