SuperSport Schools Plus

Leeus, Valke en Luiperds in nuwe skoleliga

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-11-12

Die skolerugbyspanne van die Leeus, Valke en Luiperds in die Makro-afdeling van die Beeldtrofee sal volgende jaar in ’n nuwe liga teen mekaar meeding om vir die kompetisie te kwalifiseer.

Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié Beeldtrofee.

Monument van Krugersdorp, EG Jansen van Boksburg, Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Florida en Hoërskool Rustenburg sal mekaar in die A-afdeling van die nuwe liga pak. Daar sal geen eindstryd vir dié liga wees nie, met die twee voorste spanne op die puntelys wat direk tot die kwarteindronde van die Beeldtrofee deurdring.

Die twee spanne wat in die derde en vierde posisie op die puntelys eindig, sal teen die twee voorste spanne van die B-afdeling sake uitspook om tot die kwalifiserende wedstryde van die Beeldtrofee deur te dring.

In die B-afdeling sal Jeugland van Kempton Park, Marais Viljoen van Alberton, Die Anker van Brakpan en Vereeniging Gimnasium sake uitspook.

Die nuwe liga sal ook teweegbring dat nie een van die drie unies in Makroskole-eindstryd sal hê wat hulle kampioene bepaal nie.

Die Blou Bulle en die Pumas se Makro-skole kampioen sal steeds direk tot die kwarteindronde van die Beeldtrofee vorder.

Die nuwe liga bied ook aan Hoërskool Rustenburg ’n geleentheid om meer wedstryde teen Makro-skole te speel. Die Rusties is die Luiperds se enigste Makro-skool en het voorheen jaarliks net teen HTS Tom Naudé van Polokwane in ’n uitspeelwedstryd gespeel om sy plek in die kwalifiserende ronde van die kompetisie te bepaal.

Die Pumas het vier Makro-skole – vanjaar se Beeldtrofee-kampioen die Hoërskool Nelspruit, HTS Middelburg, Hoërskool Middelburg en HTS Witbank.

Die Blou Bulle het vyf Marko-skole – Waterkloof, Garsfontein, Menlopark, Eldoraigne en Centurion in die A-afdeling van sy liga. In die B-afdeling spook Wonderboom, Montana, Zwartkop en HTS John Vorster sake uit.

) Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):

Afdeling A – 16 Mei 2015: Monument t. Hoërskool Rustenburg. 23 Mei 2015: EG Jansen t. Kempton Park; Monument t. Florida. 30 Mei 2015: EG Jansen t. Monument. 6 Junie 2015: Florida t. EG Jansen; Hoërskool Rustenburg t. Kempton Park. 13 Junie 2015: Kempton Park t. Florida; Hoërskool Rustenburg t. EG Jansen. 20 Junie 2015: Florida t. Hoërskool Rustenburg; Kempton Park t. Monument.

B-afdeling – 23 Mei 2015: Jeugland t. Marais Viljoen. 20 Mei 2015: Die Anker t. Vereeniging Gimnasium. 6 Junie 2015: Marais Viljoen t. Die Anker; Jeugland t. Vereeniging Gimnasium. 20 Junie 2015: Die Anker t. Jeugland; Vereeniging Gimnasium t. Marais Viljoen.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.