SuperSport Schools Plus

Leeus teken meeste SA Skole-spelers

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-11-05

NewsGGiovanSnymanDie Goue Leeus en Sharks het nie net mekaar vanjaar in die hoofwedstryd van die 54ste Cravenweek vir hoërskole in Johannesburg die stryd aangesê nie, maar ook die meeste SA Skole-spelers se handtekeninge bekom om volgende jaar hul rugbyloopbane by hulle voort te sit.

Die Leeus (8) en Sharks (7) het saam daarin geslaag om 15 van die 29 SA Skole-spelers van vanjaar se dienste vir volgende jaar bekom. Agt van vanjaar se SA Skole-spelers sal volgende jaar nog agter die skoolbanke stelling inneem.

Bart Schoeman wat die Leeus se kontraktering hanteer het daarin geslaag om agt van die Leeus se nege SA Skole-spelers in die unie te behou.

Die negende speler, Morné Brandon, sal volgende jaar nog vir Monument in Krugersdorp se eerstespan uitdraf. Die Leeus het wel die dienste van die Ratel, Dameon Venter (Helpmekaar), behou. Boonop bult die unie se hakerspens met die Springbok Malcolm Marx en twee van die voorste o.19-hakers in die land, PJ Botha en Tiaan van der Merwe.

Die agt spelers wat die Leeus tot nie-amptelike kampioen van die Cravenweek gehelp het, is Mark Snyman, Travis Gordon (SA Skole-kaptein), Kennedy Mpeku, Yanga Hlalu, Asenathi Ntlabakanye, Keagan Glade, Nkosi Masuku en Cristen van Niekerk. Die Leeus het die Sharks met 45-18 in die hoofwedstryd op St Stithians College se Baytop-veld verslaan.

Snyman en Gordon het reeds die Leeu-welpies gehelp om die Vrystaat met 55-24 in die eindstryd van SA Rugby se o.19-kampioenskap te verslaan.

Schoeman sal ook tevrede wees met die feit dat hy Janco van Heyningen (Vrystaat, senter), Giovan Snyman (Bulle, skrumskakel) en Prince Nkabinde (Pumas, vleuel) na die Goudstad kon lok. Dié drie sal saam met David Cary (Helpmekaar, heelagter/vleuel) goed in die Leeus se aanvallende spelpatroon inpas. Van Heyningen is verlede jaar in Atletiek Suid-Afrika se uitsoekgroep ingesluit wat die vereniging geoormerk het as atlete wat medaljes vir Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2020 in Tokio kan verower.

Die Sharks het al vyf sy SA Skole-spelers JJ van der Mescht (slot), Pepsi Buthelezi (agtsteman), Dylan Richardson (flank), Fezokuhle Mbatha (haker) en Sanele Nohamba (skrumskakel) behou. Die unie het ook daarin geslaag om Muller du Plessis (Paarl Gimnasium) en Vian Fourie (Hoër Jongenskool Paarl) na die Hawestad te lok. Du Plessis het glo ook aanbiedinge vanuit Australië ontvang.

Buiten Fourie sal nog drie van die land se voorste skolespan, Paarl Boishaai, se spelers – Le Roux Malan (senter), Boeta Chamberlain (losskakel) en Thakier Abrahams (vleuel) ook na Durban verhuis.

NewsGChristopherSchreuderDie Sharks het ook sy stutspens behoorlik aangevul met aanwinste soos Francois Klopper (Voortrekker), Sean Barnes (Durban High School) en Adriaan Staples (Paarl Gimnasium). Klopper is na afloop van vanjaar se Blou Bulle Prestige-aand op Loftus Versfeld as die speler van die dag met ‘n beurs beloon. Wat die toekenning uniek maak is die feit dat die vaskopstut met sy vertoning beïndruk het op ‘n dag waar spanne aangemoedig word om die bal lug te gee. Geen stelskoppe word op die dag geneem nie.

Gepraat van die Blou Bulle. Hulle het weer ‘n groot groep spelers na die Jakarandastad gelok, maar slegs Stephan van der Bank (Nelspruit, losskakel) en Andrew Kota (Welkom-Gimnasium, heelagter) het vanjaar die SA Skole-span gehaal.

Die werwing van spelers soos Ruben Beytell (EG Jansen, losskakel), Jay-Cee Nel (Oakdale Landbou, enter), PJ Jacobs (Monument, agtsteman), Dylan Kruger (Glenwood, flank), Dandré Prinsloo (Monument, heelagter) en CJ Steinhobel (Garsfontein, stut) behoort egter in die toekoms vrugte af te pluk.

Die Westelike Provinsie het daarin geslaag om Grey-kollege van Bloemfontein se voorste spelers na die Moederstad te lok. Drie van die vier SA Skole-spelers wat volgende jaar in ‘n Streeptrui in aksie sal wees – Rikus Pretorius (senter), Ru-hann Greyling (haker) en Christopher Schreuder (losskakel) het vanjaar vir Grey gespeel. Die ander SA Skole-speler is Paarl Gimnasium se agtsteman, Henco Martins.

Paarl Boishaai se kaptein en agtsteman, Francke Horn, wat vanjaar die Cravenweek weens siekte misgeloop het, sal ook sy rugbyloopbaan by die WP volgende jaar voortsit.

Die Vrystaat se werwer, Melusi Mthethwa, het met sy beperkte begroting weer ‘n uitstekende taak verig. Veral die kopies van Charles Williams (Diamantveld, losskakel), Eric Myburgh (Paarl Boishaai, skrumskakel), Waqar Solaan (Grey PE, senter), Ruben Roodt (Garsfontein, flank), James-Henry Mollentze (Outeniqua, losskakel) en PJ Krugell (Waterkloof, vleuel) behoort die Vrystaters van ‘n paar nuwe helde te verskaf. 

Wie gaan waarheen? 

Bulle (2)Leeus (8)WP (4)Sharks (7)Vrystaat (0)
PJ JacobsMark SnymanRikus PretoriusJJ v/d MeschtCharles Williams
Ruben BeytellJanco van HeyningenDuren HoffmanKieran HoulstonRenier van Zyl
Stephan v/d BankWesley ThompsonRu-hann GreylingJason RaubenheimerEric Myburgh
Luke RossouwDavid CaryChristopher SchreuderPepsi ButheleziLuka Ferreira
Cornell KorffKeegan GladeDavid KrielMuller du PlessisAndre Hanekom
Jay-Cee NelTravis GordonFrancke HornPhilip van DykJacques van Biljon
Muzi NyakaneKennedy MpekuMarcel TheunissenLe Roux MalanLe Kleu Stokes
Marnus PotgieterYanga HlaluQuan EymannRuan OosthuizenViaan Wolmarans
Andrew KotaChristopher HavengaCornel Kotze – MatiesVian FourieWaqar Solaan
Dandre PrinslooDameon VenterDivan EnslinDylan RichardsonAyabonga Matroos
Franco van EedenTinus CombrinckDian BleulerFrancois KlopperNyiko Ntlemo
Zach BrielJonathan ViljoenHenco MartinsBoeta ChamberlainBernard Vermaak – UV
Charles GoedhalsChris RossouwThakier AbrahamsElrich Louw
Lloyd AprilEdmund LudickTristan LeitchCaylib DingaanGideon van Niekerk
JP ViviersAsenathi NtlabakanyeLiam van den BergFezokuhle MbathaJanus Venter
Romeo EksteenRuben KotzeGerado JaarsSiphamandla MatsinyaMvuzo Nhlozi
Johan MulderEwan VisserAlexander MbeteSanele Nohamba Ruben Roodt
Ruhan ViviersGiovan SnymanVusile DlepuSean Barnes Johan Wilken
Philip PotgieterUlrich MaritzAbner van ReenenHenk Cilliers JH Mollentze
Jaco LabuschagneTiaan DrotskieDavid CoetzerAdriaan Staples PJ Krugell
Edward LaubscherJW MeadesAngelo Davids Cham Zondeki
Dylan KrugerIan Kitwanga
Carson KoekemoerGerrit VisserJean Louis de Lange
Jonathan O’NeillMichael Goodhal
Janko SwanepoelNkosi Masuku 
Louis MeiringCristen van Niekerk
Justin Sadie Prince Nkabinde
Steven Billings Cal Smid
Keanu Prinsloo Hendrik Smit
CJ Steinhobel
Stephan Leonard
Johan van Zyl
Marno Beyl
James Combrinck
Wian Bezuienhoudt
Nicko Laubscher
Henco van Heerden
Adriaan Ludick – u19
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.