SuperSport Schools Plus

Leeus kies skadu-Cravenweekspan

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-05-17

Monument se haker en kaptein, PJ Botha, is in die Leeus se voorlopige Cravenweekspan gekies wat aanstaande Dinsdag by Menlopark teen hul Blou Bul-eweknieë te staan kom met Helpmekaar se Tiaan van der Merwe in die B-span.

Net een van Monnas se agterspelers, die skrumskakel Thinus Combrinck is in die uitsoekspan gekies, met Tyrone Green van Jeppe as sy skakelpaat en Jeppe se Wandile Simelane in die middelveld.

Helpmekaar se flankpaar, Mark Snyman en Tiaan Scholtz, is as kombinasie behou met Monnas se Bakkies Potgieter op agtsteman.

Vier lede van Monnas se vaste vyf, insluitend Botha, die loskop Nathan McBeth, die slotte Ruan Vermaak en Christopher Havenga, is in die Leeus se Skaduspan.

Altesaam sewe Monnas en vyf Helpies is in die Skadu-groep. Daar is ook agt Monnas, onder andere MJ Pelser, in die B-span.

Lions: Chuiner van Rooyen (Help); David Cary (Help), Wandisile Simelane (Jeppe), Kalvin Mills (KES), Maxwell van Louw (Florida); Tyrone Green (Jeppe), Thinus Combrinck (Monnas); Bakkies Potgieter (Monnas), Tiaan Scholtz (Help), Mark Snyman (Help), Ruan Vermaak (Monnas), Christopher Havenga (Monnas), Asenathi Mtlabekanye (St Stithians), PJ Botha (Monnas), Nathan McBeth (Monnas). Reserwes: Nolo Naka (Jeppe), Mpho Mabusa (KES), Keegan Glade (KES), Darian Landsberg (Northcliff), PJ Jacobs (Monnas), Ruhan Viviers (Help), Tatendaise Mujawo (St Ben), Kennedy Mpheku (KES).

Bulls: Dandré Prinsloo (Monnas); Karel Vahrmeijer (Monnas), Keegan Hamman (Help), MJ Pelser (Monnas), Mpho Kambile (KES); Luke Rossouw (Monnas), Sean Kruger (St Ben); Tawanda Mtuma (St Stith), Cristen van Niekerk (Monnas), Kevin le Roux (Monnas), Vincent Tshituka (Northcl), Jonathan Mbyunba (St Ben), Dewald Schoeman (Monnas), Tiaan van der Merwe (Help), Kgosi Mpete (St Ben). Reserwes: Kuda Mundeve (St Ben), Nkosikaha Masuku (Parkt), C Vrey (Monnas), Bope Berarka (St Peter), Tebogo Ramodibe (Jeppe), Tumi Nameka (Jeppe), Sherman Rayners (Help), Yanga Hlalu (KES), Martin Thoka (Randp).

*Foto: PJ Botha in aksie die afgelope naweek.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.