KwaZulu-Natal vee die vloer met die Blou Bulle
KwaZulu-Natal het die Blou Bulle van die veld af in die eerste helfte gespeel om met 53-33 oor die Blou Bulle in die hoofwedstryd van die tweede dag van die Coca-Cola Cravenweek vir hoerskole koning te kraai.
Die Piesangboere was met slegs twee minute se spel oor in die eerste helfte met die telling op 38-0 in hul guns stewig oppad op die Ligbloues hul grootste loesing nog ooit op die gesogte toernooi toe te dien.
KwaZulu-Natal se flank Dylan Kruger is kort daarna deur die skeidsregter, Pieter Maritz, met ‘n rooikaart van die veld gestuur na hy glo met sy kop in losgemaal met ‘n ander speler kontak gemaak het.
Die Blou Bulle se heelagter, Deigo Appollis, het kort na die rooikaart gaan druk om sy span so tikkie hoop te gee voor die afrigters hard sou praat met rustyd.
Die Ligbloues het in die tweede helfte goed teruggeveg en toe sy losskakel, Ulrich Maritz, in die 51ste minuut oorgelip het die span slegs ‘n agterstand van tien punte (28-38) gehad.
Die Piesangboere se voorspelers het die spreekwoordelike klavier geskuif, terwyl hulle agterhoede die note bespeel het. Dit was veral die vaskopstut, Keynan Knox, wat met sy inklimspel beindruk het. Hy het duikslae op die dekverdediging gemaak, terwyl dit ‘n paar manne gevat het om hom plat te trek wanneer hy die bal onder die arm vasgknyp hert.
Hy het egter heelwat hulp van sy kaptein en agtsteman, Pepsi Buthelezi, slot Edward Laubscher en haker, Fezokuhle Mbatha, in die fisieke dele van die spel gekry om die Bulle se karnuffel. Die slot JJ van der Mescht het sy oomblikke gehad, maar daar skort gewis nog werk aan sy fiksheid.
Puntemakers:
KwaZulu-Natal 53 (38) – Driee: Dylan Richardson, Pepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Dylan Pretorius, Cham Zondeki, Conan le Fleur, Rynardt Jonker, Siyanda Cele. Doelskoppe: Nohamba (5). Strafdoel: Nohamba. Blou Bulle 33 (5) – Driee: Diego Appollis (2), Jaco Labuschagne, Zach Briel, Ulrich Maritz. Doelskoppe: Maritz (4).
- Athletics Rankings 2026 | Girls u19 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Girls u17 - 2026-02-05
- Athletics Rankings 2026 | Boys u17 - 2026-02-05




