Kwaggas vier fees met oorwinning oor Noord-Kaap
DIE rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag alles behalwe die wedstryd in sy kragmeting teen Hoërskool Outeniqua in George gewen. Die Kwaggas het die wedstryd op sy tuisveld 36-23 gewen. Die wedstryd was deel van die die Kwaggas se 90ste bestaanjaar vieringe.
Die telling vlei egter die wenspan, met Northern swat die meeste van die speelwerk in die kragmeting gedoen het. Die span se afronding het net nie so seepglad soos die van die tuisspan geloop nie.
Die Kwaggas wat as die derde beste span in die land gereken word en vanjaar nog net een keer teen Paarl Gimnasium aan die verloorkant was, het sonder sy vier Suid-Afrikaanse Skole-spelers gespeel. Die viertal die vleuel Duhan van der Merwe, senter Warrick Gelant, skrumskakel Remu Malan en losskakel Dewald Human is van die beste aanvallende spelers in die land.
Albei spanne het in gister se stryd agt keer besoek in hulle teenstanders se kwartgebied afgelê, die Kwaggas het dit net beter benut.
Noord-Kaap se flank, Lux Khoza het ‘n stil eerste helfte beleef. Hy het egter in die tweede helfte elke keer wanneer hy die bal onder die arm vasgeknyp het veld met sy kraglopies gewen. Die slot Thulani Njenje het goeie spel in die lynstane sowel as in die los gelewer.
Agterlangs was die senter en onderkaptein, Luke Mason uitstaande. Hy het die voordeellyn aangeval en ook met goeie aangeëwerk die aanvoorwerk vir verskeie aanvalle op die tuisspan se doellyn geloods. Die heelagter, Ryan de Wee het op die aanval ook ‘n blink wedstryd beleef.
Northerns se losskakel Guillermo Minnie het met ‘n skepdoel in die tweede helfte sy span vir die tweede en laaste keer laat voorloop. Die skepdoel het aan die span van die Diamantstad ‘n voorsprong van 23-22 gegee.
Die uitslag van die kragmeting is kort daarna bepaal toe die Kwaggas se skrumskakel Keenan Tarentaal vir Minnie gelak het dat hy die bal verloor. Die plaasvervanger-senter JP Duvenhage het die losbal opgepik en deurgedraf vir ‘n drie. Die haker Marne Botha het kort voor die einde oorgeval om die wentelling te rek.
Puntemakers:
Hoërskool Outeniqua 36 (17) – Drie: Geor Malan, Wynand de Necker, Keenan Taretnaal, Hennie Barnard, JP Duvenhage, Marne Botha. Doelskoppe: Tarentaal (2), Leigthon Eksteen. Hoërskool Noord-Kaap 23 (15) – Drie: Hilfford Clarke, Joubert Steyn, Dylan Walsh. Doelskop: Dimitrio Tieties. Strafdoel: Tieties. Skepdoel: Guillermo Minnie.
- School Rugby Results – 22 March 2025 - 2025-03-22
- Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle - 2025-03-22
- Gekweste Wit Bulle sal teen Grey wil wys dat hulle steeds kan storm - 2025-03-20